South Coast Fever

Wouter se Watergat

Wouter se Watergat Die afgelope paar dae is daar redelik baie politiek hier in die Watergat gepraat, en vandeesweek los ons die sportpraatjies vir ‘n verandering. Een van die groot onderwerpe was onvermydelik die Eskomgemors, en van ons besoekers was redelik uitgesproke oor die ernstige situasie waarin die land hom bevind. Daar was natuurlik geen

Wouter se Watergat

Die afgelope paar dae is daar redelik baie politiek hier in die Watergat gepraat, en vandeesweek los ons die sportpraatjies vir ‘n verandering. Een van die groot onderwerpe was onvermydelik die Eskomgemors, en van ons besoekers was redelik uitgesproke oor die ernstige situasie waarin die land hom bevind. Daar was natuurlik geen twyfel oor wie en wat daarvoor verantwoordelik is nie.

Die verskeidenheid voorstelle oor wat gedoen moet word, het gewissel van ‘n noodtoestand tesame met ‘n beraad waarby kenners van oraloor betrek word, insluitende oud-Eskomwerknemers, tot petisies en straatoptogte oral in die land deur almal, van alle bevolkingsgroepe wat wil deelneem. Oom Pottie, lankal reeds ‘n stoere ondersteuner van die DA, was ten gunste van John Steenhuisen se voorneme om ‘n optog na die ANC se Luthulihuis in Johannesburg te reël om te betoog teen die trariefverhogings wat deur Nersa aan Eskom toegestaan is.
Pottie meen die tariefverhogins moet gekanselleer word. ‘Ons kry baie min elektrisiteit met Stadium 6-beurtkrag, waarom moet ons nog meer daarvoor betaal?’, wou hy weet. Ek besef die DA gaan vir my kwaad wees, maar ek stem nie saam nie. Ons moet die realiteit aanvaar dat Eskom meer geld gaan nodig kry om die proses om te keer, en indien die tariefverhoging nie geïmplimenteer word nie, sal ander bronne gevind moet word, wat feitlik vir seker belastingbetalersgeld gaan wees. Behou liewer die tariefverhogings sodat die ekstra inkomste relatief bly tot die kragverbruik.

Ek besef die tariefverhogings gaan ‘n groot invloed hê op die winsgewendheid van ondernemings en Jan Alleman se beursie, maar dieselfde geld vir die inkomste uit belastinggeld. ‘n Optog na Luthulihuis lyk vir my futiel, behalwe as dit gedoen word om politieke punte aan te teken by diegene wat van betogings en toyi-toyi hou.

Onder die verskeidenheid ander politieke onderwerpe was Julius Malema prominent. Die konsensus was dat hy waarskynlik die gevaarlikste politikus op die oomblik in Suid-Afrika is, en dat dit nag sal wees indien hy na die verkiesings in 2024 ‘n prominente rol in koalisievorming speel. Van die menings oor Malema kan nie hier herhaal word nie omdat kinders ook hierdie rubriek lees.

Ons glimlag vir die week is heel gepas. Twee krokodille gesels. Die kleiner een: “Ons is dieselfde ouderdom en as kinders was ons ewe groot, maar nou is jy baie groter as ek. Hoe werk dit?”
“Wel,” se die grote, “wat eet jy?” “Politici, nes jy,” se die kleintjie. “Hmm. En waar vang jy hulle?”
“Aan die ander kant van die moeras, naby die ANC-parkeerplek by die Uniegebou.” “Dis waar ek ook opereer,” se die grote. “Maar hoe maak jy as jy hulle vang?” “Wel, ek kruip onder hul BMW’s in, gryp hulle aan die been en wanneer hulle uitklim, skud ek die bollie uit hulle uit en eet hulle.”
“Aha!” se die groot krokodil. “Dis waar jy die fout maak. Jy kry niks voedsaams in op daai manier nie, want teen die tyd dat jy al die bollie uit ‘n ANC-politikus geskud het, bly daar net ‘n p**phol met ‘n aktetas oor.”

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button