South Coast Fever

Is jy ‘n dader van die woord?

Soms word ook beweer dat die media ’n spieël van ’n bepaalde gemeenskap of samelewing

Daar is ’n oulike storie oor ’n seuntjie wat een oggend skool toe kom. Hulle het net een spieël in die huis gehad. Dit het gebreek en hy was nie skoon gewas soos altyd nie. Daar was nog spore van sy ontbyt op sy gesig. Die juffrou by die skool sê toe vir hom: “Jannie, ek weet wat jy vanoggend vir ontbyt gehad het. Jy het eiers saam met jou pap geëet.” Jannie antwoord: “Lekker uitgevang juffrou, ek het gisteraand eiers gehad.”

Nouja, die storie wys aan ons die belangrikheid van spieëls uit. Daar word soms gesê dat kultuur die spieël is van ’n gemeenskap. Dit verskil van plek na plek maar gee mens ’n idee van dit waarby ’n bepaalde gemeenskap staan of val. Soms word ook beweer dat die media ’n spieël van ’n bepaalde gemeenskap of samelewing. As ’n gemeenskap deur stereotipes gekenmerk word sal die media dit reflekteer. Mens kan nou lank hieroor redeneer, maar wat sien ons as ons die optrede of invloed van die kerk in ’n bepaalde gemeenskap sou beoordeel? Aan die Suidkus van Natal is daar baie kerke. Wat sou dit gemeenskap mis as die kerke skielik sou verdwyn?

Gemeentelede hoor die woord van God elke Sondag en dan breek Maandag aan en wat dan? Jakobus 1: 22 en verder leer dat Christene daders van die Woord en nie net hoorders van die Woord moet wees nie. Ons moet nie wees soos iemand wat in die spieël kyk en dan die eiers raaksien en weggaan van die spieël en môreoggend sit die eiers nog daar nie.

As ons in die spieël van God se Woord gekyk het, sal ons meer verdraagsaam optree teenoor ander. Dan sal ons nie so maklik ander mense veroordeel nie, maar dalk vra hoekom hulle optree soos hulle optree. As ons in die spieël van God se woord gekyk het, sal ons ons hande vuilmaak om ander se voete te was soos Christus en nie ander met ons hande seermaak, soos om mense te mishandel nie.

Christene weerspieël iets van Christus se karakter in hul optrede van Maandag to tot Sondag. Weerspieël jy iets van Christus in jou manier van praat en doen?

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button