Wouter se Watergat
Ek vermy dit gewoonlik om daaroor te skryf, want dan het die negatiwiteit ‘n manier om erger in jou binneste te gaan vassit.
Die swaarmoedigheid oor die politieke situasie in die land duur hier in die Watergat voort. Ek vermy dit gewoonlik om daaroor te skryf, want dan het die negatiwiteit ‘n manier om erger in jou binneste te gaan vassit. Pottie en ek en ‘n groepie besoekers het verlede Donderdagaand vir die soveelste keer gesit en kyk na chaos in ons parlement, en weereens deur die EFF gepleeg. Hoe is dit moontlik dat ons parlement, en by name die Speaker en hul eie veiligheidsmense, onmagtig is om op te tree? Dat polisiemanne en ander veiligheidsdienste van buite af ingebring moet word om dit te keer?
John Steenhuisen van die DA het daarna verwys, en is in sekere kringe daarvoor gekritiseer. Die werklikheid is egter indien die buitehulp nie daar was nie, het die EFF-barbare tot by die president gervorder. Nou is die vraag. Wat sou hulle gedoen het indien hulle tot by hom sou kom? Hom Aanrand? Rondstamp? Hul eie propraganda in die mikrofoon inskreeu? Niemand weet nie, maar wat wel ‘n feit is, die EFF is ‘n spul politieke barbare. Kom ons hoop hul teikenkiesers dink ook so.
Daarbenewens was die President se toespraak net nog ‘n spul beloftes sonder enigiets wat hoop gee. Die aand het redelik swartgallig vir ons geëindig met die besef dat die EFF dalk sleutel-koalisievennote van die ANC kan wees. Nietemin, ons gaan aan. En bly hoop. Daar is darem hier en daar positiewe tekens.
Soos in vorige gesprekke oor die geweld in ons politiek, het van die ouer besoekers heel snaakse staaltjies uit die verlede vertel. Jan van Breda van Bloemfontein het ons vertel van sy pa se wedervaringe in die ou Nat/Sap-era van weleer. Op Springfontein in die Vrystaat vind twee vergaderings dieselfde aand plaas. Die Sappe in die stadsaal, en die Natte in die skoolsaal. Die Natte se spreker is ‘n droeë, oninspirerende spreker, en dis ook nie lank nie of iemand in die gehoor vlieg op. “Ek sê,” skree hy, “kom ons los hierdie vergadering en gaan d***er die Sappe.” Die droeë spreker verduidelik dis nie hoe die demokrasie werk nie en saag voort op sy eentonige wysie.
“Ek sê,” skree ‘n ander naderhand, “ek stem, ons los hierdie vergadering en gaan d***er die Sappe.” Weer ‘n sedepreek, maar toe kos dit al moeite om nie die ‘amendement’ te aanvaar nie. ‘n Ruk later is dit weer so: “Ek sê ons los die vergadering en gaan d***er die Sappe!” Die spreker is nou heeltemal onlekker oor die ding, en skree terug: “Dink jy nou vir een oomblik jy gaan ‘n Sap regged***er kry?!” “Watwou! Ek was ‘n Sap, en hoe het ek reggekom?! Kyk hoe het hulle my regged***er.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Fever’s Facebook page
