South Coast Fever

Wouter se Watergat

Oom Pottie se depressie oor die Lions het my laat dink aan enkele jare gelede toe hy ook die uitdrukking ‘gatslag’ gebruik en ek iets geskryf het wat ek op die internet opgespoor het oor die dieper betekenis van die woord ‘’gat’.

Weer ‘n stil ( en nat ) week, tipies Februarie. Ons het relatief min besoekers gehad, en gevolglik minder gersprekke en meningswisselings oor sake van die dag. Die twee belangrikste onderwerpe was die politiek en sport, en ek hou my by sport om weg te kom van die depressiewe effek van eersgenoemde.

Nie dat sport hier by ons in die Watergat nie soms depressiewe gedrag veroorsaak nie. Soos Saterdag toe die Sharks die Lions op Ellispark verslaan het. Oom Pottie kon dit gladnie verstaan nie. Sy geliefde span lyk goed in die eerste helfte, maar kan net nie punte aanteken behalwe die aanvanklike sewe nie. Namate die wedstryd gevorder het, het Pottie dieper in ‘n depressie verval. ‘Wat gaan aan by die Lions?. Dis asof hulle nie afgerig word nie!. Dis ‘n gatslag!’. Ek moet verklaar, hy het ‘n punt beet. Daardie eens briljante span van enkele jare gelede bestaan nie meer nie. Hulle speel by tye goed en klop oorsese spanne, maar hier by die huis sukkel hulle. Ewenwel, die Sharks het gewen, en ek trek my woorde terug oor Curwin Bosch. Hy het Saterdag geskitter.

Oom Pottie se depressie oor die Lions het my laat dink aan enkele jare gelede toe hy ook die uitdrukking ‘gatslag’ gebruik en ek iets geskryf het wat ek op die internet opgespoor het oor die dieper betekenis van die woord ‘’gat’. Ek vra by voorbaat oom verskoning indien iemand sou aanstoot neem. Dis bloot bedoel as ‘n kliniese, humoristiese ontleding.

“Die woord gat. ‘n Baie diepe betekenis in die lewe. Om bv. lewe te skep is holtes betrokke. Holtes = Gate. Met geboorte, kom die babatjie die lewe binne deur ‘n opening (keisersnit en natuurlik), ‘n gat! Om te kan sien, moet lig by ‘n gat inkom, die oog. Om te kan hoor moet klank by die oor inkom, ‘n gat. Om te kan eet en drink moet voedsel en vloeistof die mond binnekom, ‘n gat. Om asem te haal moet suurstof deur die neus en mond beweeg. Bloed vloei deur are en as jy sweet kom die sweet by sweetgaatjies uit. Om badkamer toe te gaan, wel nommer een of nommer twee vir almal, het met ‘n gat te doen. Om deur ‘n muur te sien kyk ons deur ‘n venster, ‘n gat. Om in jou huis, kar, kerk, werk of die bank in te gaan, loop jy deur ‘n gat. Om ‘n deur oop en toe te sluit, druk jy die sleutel in ‘n gat, die sleutel het ‘n gaatjie met ‘n ringetjie daaraan wat jy in jou sak steek (‘n gat).

As jy skoene en sokkies aantrek, jou klere, horlosie of jou selfoon laai, alles is gesentreer om ‘n gat. Iemand vat jou vir ‘n gat as hy met jou die spot dryf, jy maak jou naam gat na te veel tequila, jy val jou gat af, en jy lag jou gat af. Jy voel gat as die bulle kantlyn toe skop en nie pale toe nie. Dan, as jy doodgaan, en die lig aan die einde van die tonnel sien (ook ‘n gat), word jy begrawe in ‘n gat of veras deur in ‘n oond met ‘n deur in te beweeg. ‘n Gat vereenvoudig is ‘n sirkel, ‘n sirkel het geen begin en geen einde, ewigdurend, soos die lewe. Dus die geheim van die lewe. ‘n Gat.”

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button