South Coast Fever

Stiltetyd: Jou hart

Hoe raak die besef dat jy in Sy teenwoordigheid leef, dit wat in jou hart aangaan?

Met jou liggaam gee jy uiting aan jou innerlike oortuigings. Waarheen jy jou oë draai, waarvoor jy jou ore spits, waarnatoe jy jou hande uitsteek en waarheen jou voete loop, sê elke keer wat in jou binneste omgaan.

In die Bybel is daar in die Spreuke 4:23 hierdie belangrike opmerking wat verband hou met ons innerlike oortuigings en optrede as Christene: “Bewaak jou hart meer as enigiets wat bewaar word, want daaruit ontspring die lewe.”

Die woord bewaak beteken om te beskerm, om op te pas, of selfs om voorsorg te tref. Die hart in die Bybel was gesien as meer as bloot ‘n fisiese orgaan. Die Bybel noem ongeveer 1000 keer die hart, en dit is wat dit hoofsaaklik sê: Die hart is die kern van ons wese en die Bybel stel hoë prioriteit om ons harte rein te hou: “Wees veral versigtig met dit wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe,” vertaal ‘n ander vertaling die Spreuketeks. Ons is seker almal bewus van die “goeie gevoel” wat ons kry as ons gelukkig voel oor onsself en ons omstandighede.

Dis egter belangrik om ook te onthou dat Spreuke gelowiges oproep om tog maar bewus te wees van wat in hul “harte” omgaan. Daar spoed derduisende gedagtes deur ons koppe elke dag. Ons ervaar gevoelens van bly wees en hartseer. Soms moet ‘n mens jou net vra: “Wat gaan nou hier aan?” Waarom voel ek soos ek voel of dink ek soos ek dink?

Dalk die gebed van Dawid in Psalm 19:15 bid: “Mag die woorde van my mond en die oordenking van my hart vir u welbehaaglik wees vir u Here, my rots en my Verlosser.”

Dit behels dat ons in ‘n verhouding met die lewende Christus sal leef waar ons tyd vir ontspan en nadenke inruim. Ons leef natuurlik elke dag in God se teenwoordigheid. Hoe raak die besef dat jy in Sy teenwoordigheid leef, dit wat in jou hart aangaan?

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button