South Coast Fever

Stiltetyd: Geesdrif

In die Bybel, in die boek Openbaring, lees jy van ’n geesdriftige groep mense, wat ’n gemeente gevorm het.

Mense raak maklik geesdriftig oor iets. Ons ken almal iemand wat met hart en siel hulself aan ’n nuwe projek wy. Op ’n dag verloor hulle egter spoed en lyk dit of hulle alle belangstelling in die saak verloor het. Daar kan baie redes daarvoor wees. Moeilikhede of teenstand kan mens se geesdrif smoor. Persoonlike omstandighede waar jy met uitdagings in jou eie lewe moet worstel, kan ’n bydraende faktor wees.
Dit wat jou aanvanklik gemotiveer het om by ‘n saak betrokke te wees, motiveer jou nie meer nie. Mens sien dit soms by mense wat uitgebrand is, of wat ontnugter is. Jy sien dit by huweliksmaats waar die vonk in die huwelik ontbreek. Jy sien dit in kerke wat aanvanklik met groot basuingeklank gestig is, maar kwyn. Veral Post Covid, kom dit soms voor asof mense maar halfhartig by sake betrokke is. Tog is daar steeds mense wat as jy op hulle knoppie druk geesdriftig en opgewonde is oor ’n saak. Waar lê die probleem dan waarom mense hul geesdrif verloor?

In die Bybel, in die boek Openbaring, lees jy van ’n geesdriftige groep mense, wat ’n gemeente gevorm het. Ons lees van mense se inspanning en volharding vir die Here se saak. Hierdie groepie was selfs bereid om te ly, ja te sterf vir die saak van Christus waarin hulle met ’n passie geglo het. Hulle ontvang selfs aanprysing van die verhoogde Christus.

Tog het Christus een ding teen hulle gehad: Hulle het hulle eerste liefde versaak. Hy roep hulle op om in hul spore om te draai en weer te gaan nadink oor waarmee hulle besig was. Ja, hulle het baie dinge onderneem vir die Here se saak, hulle organisasie was seepglad, maar die witteboordsgeesdrif het afgekoel. Dit het in vormlikheid verstol. Hulle het vergeet om wie dit eintlik gaan. Bekeer julle!

Hierdie vermaning aan die kerk destyds, geld eweneens vir egpare wat al lank getroud is, vir elke organisasie wat al jare met ’n bepaalde missie of projek besig is. Dink terug aan wat jou aanvanklik opgewonde gemaak het toe jy by die persoon of saak betrokke geraak het? Dit sal help dat jou geesdrif weer vlamvat, voordat jy self uitbrand.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button