South Coast Fever

Wouter se Watergat

Ons het die gebeure deur die dag hier saam met verskeie besoekers dopgehou, en teen die middaguur was dit reeds duidelik dat die situasie goed onder beheer is.

Die groot besprekingspunt hierdie week was die gebeure Maandag tydens Malema-hulle se poging om ‘die land tot stilstand te bring’. Hoewel die EFF daarin geslaag het om vooraf publisiteit te genereer vir hul eise dat beurtkrag gestaak word en vir Cyril Ramaphosa om pad te gee, het die berg ‘n muis gebaar. Grootliks te danke aan ‘n regering wat waarskynlik besef het hy moet tot elke prys verhoed dat die barbare in rooi daarin slaag om hul doel te bereik, en ‘n vasberade burgerry.

Ons het die gebeure deur die dag hier saam met verskeie besoekers dopgehou, en teen die middaguur was dit reeds duidelik dat die situasie goed onder beheer is. Van ons besoekers het eerstehandse terugvoer gegee van organisasies soos Afriforum, sekuriteitsmaatskappye en buurtwaggroepe wat sedert die Sondagaand patrollies uitgestuur en saam met die polisie gewerk het om orde te handhaaf. Nogmaals ‘n bewys dat dit die roete is wat in die toekoms gevolg moet word.

Maandagaand het die EFF prober voorgee dat hulle die grondwet wou beskerm deur vreedsaam te betoog, maar dit was so deursigtig gesien teen die agtergrond van wat vroeër gebeur het. Die feit is EFF-lede het sedert hulle hul voornemens in Januarie aangekondig het, deurentyd met geweld gedreig, hulle het kort voor Maandag gespog met buitebande en vuurhoutjies, en van hul lede het op plekke winkels binnegegaan en die eienaars met geweld gedreig indien hulle nie hul winkels op die dag sluit nie. In Lenasia het mense op ‘n bakkie met EFF-kentekens besighede gewaarsku om te sluit of geplunder te word.
Die EFF is gekortwiek deur twee hofbevele oor die naweek, een geïnisieer deur die DA, waarvolgens geweld en intimidasie verbied is. Aanduidings is dat Malema en sy top-luitenante teleurgesteld, self geskok is, deur die mislukking. Hulle het tot nou toe ‘n roete van geweld gevolg selfs in die parlement. In hierdie stadium lyk dit asof hulle nie daarmee vordering maak nie, wat goeie nuus is met die oog op aanstaande jaar se verkiesing. Nietemin, Maandag was ‘n oorwinning vir die meerderheid Suid-Afirkaners.

Nie veel te sê oor sport vandeesweek nie. Behalwe dat die Pumas hul status as Curriebekerkampioene gestand doen, die Blou Bulle dalk begin wonder of Jake White nie verby sy beste is nie, en dat ons geliefde Sharks ons aanhou teleurstel. Daarbenewens is dit duidelik die WP/Stormers is loshande die beste span in die land, en die Lions het interne probleme.

Ons groetstorie handel oor politici, en kom van Piet van der Merwe van Amanzimtoti: Vier snydokters gesels om ‘n tafel. Nommer een sê hy opereer graag op boekhouers want hulle ingewande is almal genommer. Nommer twee opereer graag op elektrisiëns, want hulle organe is ‘kleurgekodeer’. Nommer drie sê dis maklik om op bibliotekaresses te opereer, al hul organe is alfabeties gerangskik. Nommer vier sê die heel maklikste operasie is op ‘n politikus, dis regtig kinderspeletjies: Hulle het geen ruggraat, geen brein, en geen hart nie. Jy kan selfs hul kop en p**p**l omruil en niemand sal iets agterkom nie.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button