South Coast Fever

Stiltetyd: Soek jy na sin en na vrede?

Dalk is jy iemand wat nie gemaklik is met goedkoop antwoorde nie. In hierdie dae vier Christelike kerke die opstanding van Christus.

’n Professor het eenkeer sy klas uitgenooi om vrymoedigheid te neem om hul vrae in die klas te vra. Sy motivering was dat net slim mense vrae vra. Dalk is jy ook iemand wat baie vrae het oor die lewe of oor die sin van die lewe. Dalk is jy iemand wat nie gemaklik is met goedkoop antwoorde nie. In hierdie dae vier Christelike kerke die opstanding van Christus. Een van die bekende verhale is die van die dissipel Thomas wat gekonfronteer word met die opstanding van Jesus Christus. Die apostel Johannes vertel vir ons hoedat die dissipels, spesifiek Petrus en nog ’n ander dissipel, toe hulle gehoor het dat Christus uit die dood opgestaan het, na die oop graf gehardloop het om te kyk en te getuig van Christus se opstanding. Ons lees daarvan in Johannes 20. Thomas, die soeker, maak later in Johannes 20:25 die volgende opmerking: “As ek nie die merke sien van die spykers in Sy hande en my vingers nie steek in die spykermerke en my hand nie steek in sy sy nie, sal ek nooit glo nie.”

Die reaksie van Christus is nie om die vraende Thomas af te wys of te verkleineer omdat hy soekend is nie, maar om hom halfpad te ontmoet en te nooi om aan die merke aan sy hande en sy te raak. Hy word ook geroep om nie langer ongelowig te wees nie, maar gelowig. Jy het ’n vraag oor die lyding van iemand naby aan jou. Jy het ’n vraag oor hoe die dode kan lewe, soos Thomas. Jy het mos gesien hoe die persoon sterf. Jy het dalk vrae oor diep Christelike temas. Natuurlik kan jy op jou knieë berusting vind. Jy kan selfs iemand nader wat dalk wyse woorde het om mee te deel. Jesus het deur ’n toe deur aan die dissipels en aan Thomas verskyn lees ons in Johannes 20. Soekers na sin en na vrede word nie deur Christus uitgesluit nie. Hy breek die slotte en grendels af wat Hom buite hou. Hy loop soekers soos Thomas tegemoet en nooi hulle tot geloof in Hom. Mag jou oë oopgaan om die opgestane Christus te herken vir wie Hy is.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button