Wouter se Watergat
Die onderwyseres gee haar graad 5's 'n werkopdrag: Hulle moet hulle ouers vra om hulle 'n storie met 'n les aan die einde daarvan te vertel. Die volgende dag kom die kinders toe terug en begin een vir een hulle stories te vertel. Vinesh sê: 'My pa is 'n hoenderboer en ons het baie broeihenne.
Die onderwyseres gee haar graad 5’s ‘n werkopdrag: Hulle moet hulle ouers vra om hulle ‘n storie met ‘n les aan die einde daarvan te vertel. Die volgende dag kom die kinders toe terug en begin een vir een hulle stories te vertel. Vinesh sê: ‘My pa is ‘n hoenderboer en ons het baie broeihenne. Eenkeer het ons die eiers in ‘n mandjie op die kar se voorste sitplek gesit om dit mark toe te vat.
My pa slaan toe remme aan, die mandjie val om en al die eiers breek in die kar!’ ‘Mooi, Vinesh’, sê die juffrou, ‘wat is die les van die storie?’ ‘Moenie al jou eiers in een mandjie sit nie!’ sê die trotse seuntjie. ‘Baie goed,’ sê die onderwyseres.
Volgende is dit klein Sipho se beurt. ‘Ons het nou-die-dag berg toe gestap en toe sien ons ‘n muis wat uit sy gaatjie kom.’ ‘O?’, vra die juffrou,
‘En wat is die les van die storie?’ ‘Die berg het ‘n muis gebaar, Juffrou!’ sê Sipho. ‘O, jaaa, dis seker waar,’ sê die onderwyseres.
Volgende is dit klein Kosie se beurt. ‘Juffrou, my pappie het my vertel van Antie Susanna wat verlede jaar op hulle plaas aangeval is. Toe sy hoor die alarm by die heiningdraad gaan af, toe besef sy hulle gaan die duur bottel brandewyn steel wat sy nou net op die dorp vir oom Koos as ‘n present gekoop het. Sy drink gou die bottel leeg. Toe vat sy die haelgeweer, patrone en ‘n vleismes en wag hulle by die deur in. Toe hulle inkom in die huis, skiet sy vier met die haelgeweer dood, steek twee dood met die kombuismes, en slaan die laaste een katswink met die vuis!’ ‘Oe, maar dis vreeslike storie!’ roep die onderwyseres uit, ‘Watter soort van les kry jou pappie uit so ‘n aaklige storie?’ Kosie antwoord: ‘Bly ver weg van Antie Susanna as sy gesuip is!’
Die middeljarige man laai ‘n ou dronk boemelaar op om hom ‘n lift te gee. Die ou omie vra: “Sho, wat ish jou naam sheunie?” Die bestuurder antwoord: “Paulus, Oom.” Na so ‘n rukkie vra die oom weer: “Wat het jy geshê is jou naam?” Ewe geduldig antwoord die ou weer: “Paulus, Oom.” Na ‘n lang ruk van stilte vra die ou boemelaar skielik: “Shê vir my, Paulus, het daai Effesiërs toe ooit vir jou teruggeskryf?”
Vrou sit op bank in ‘n parkie en ‘n boemelaar gaan sit langs haar en sê: “Hallo skattie!”
Vrou: “Wie de hel is jou SKATTIE??”
Boemelaar: “Nou wat de hel doen jy dan in my bed??”
A
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Fever’s Facebook page
