Stiltetyd: Vryheid
Vryheid- Dit is woord wat bepaalde konnotasies het. Die woord vryheid word met baie dinge geassosieer. In hierdie dae word Vryheidsdag in Suid-Afrika herdenk. Dit gryp terug na 1994 toe die land op ’n nuwe baan geplaas is. Die vreugde en verantwoordelikheid van om vry te wees om onder andere te kies, word herdenk. Vryheid
Vryheid- Dit is woord wat bepaalde konnotasies het. Die woord vryheid word met baie dinge geassosieer. In hierdie dae word Vryheidsdag in Suid-Afrika herdenk. Dit gryp terug na 1994 toe die land op ’n nuwe baan geplaas is. Die vreugde en verantwoordelikheid van om vry te wees om onder andere te kies, word herdenk. Vryheid van keuse plaas groot verantwoordelikheid op mens se skouer.s Die keuse om te kies, ongeag die konteks, kan mens nogal onder groot spanning bring. Dink maar aan die keuse van ’n loopbaan, van ’n lewensmaat, van waar jy gaan aftree, die keuse vir die regering wat jy graag wil hê oor jou lewe moet besluit. In die Bybel word die Here se mense voortdurend opgeroep om ’n keuse vir of teen die Here, vir of teen die afgode in te neem. Dit is Kierkegaard wat genoem het dat die vryheid om te kies met ’n bepaalde vlak van angstigheid gepaard gaan. Dit is soos iemand wat oor ’n gapende afgrond buk. Hy weet dat hy van die krans kan afval, maar tegelyk ook dat hy self kan afspring. Dit is ’n natuurlike neiging by die mens om vry te wil wees.
In die Bybel, in Johannes 8:36, word gesê dat as die Seun mense vrygemaak het, hulle waarlik vry sal wees. Die evangelie, die boodskap van die Bybel oor die mens se verlossing is ten diepste een van bevryding. Jesus beteken vryheid. Reeds aan die begin van Sy bediening het Christus gepreek uit Jesaja 61 waar Hy gesê het dat God hom geroep het om vrylating vir die gevangenes aan te kondig, herstel van gesig vir die blindes, om onderdruktes in vryheid weg te stuur en die genadejaar van die Here aan te kondig. Hoeveel besetenes het Jesus nie vrygemaak deur duiwels uit hulle uit te dryf nie? Die vraag is wanneer mens waarlik vry is? Daar is baie wat hul vryheid soek en vind in die losmaak van gesag en gebondenheid aan ander se reëls en regulasies. Die Bybel leer dat ware vryheid alleen in Christus te vind is. Eers as jy onder die gesag van Christus staan en jou deur Hom en Sy Gees laat lei, is mens waarlik vry.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Fever’s Facebook page
