Wouter se Watergat
Ons het weer besoek gekry van etlike prokureurs op ‘n gholftoer.
Die afgelope week was baie stil hier by ons. Een van die ironieë vam die KZN-Suidkus, en ek gaan weereens wegbly van die politiek, Eskom en beurtkrag. Ons pas daardie reël ook toe wat ons besoekers betref. Dit raak naderhand te erg, dus op sekere dae praat ons niks wat enigsins swartgallig is nie. Behalwe in een-tot-een gesprekke wat niemand anders hoor nie. Toe Oom Pottie dit aan ‘n besoeker meedeel, is die antwoord waarom dan nie? Waarom kan jy alleen swartgallig wees? Is dit oor die Lions?
Pottie het natuurlik nie daarvan gehou nie, maar dis waar. Noudat die Lions klaarblyklik finaal uit die bus geval het na verskeie goeie vertonings, het hul blapse hul ingehaal. Iets wat Pottie bitter moeilik verwerk. Hy verlang na Johan Ackerman. Ek moet sê, by die Bulle gaan dit nie veel beter nie. Wanneer gaan hulle Jake White begin blameer? Lyk my hy het ook ‘n Teflonlaag. Ons Sharks onderpresteer ook heeltemal. Sal Plumtree ‘n verskil kan maak? Tien jaar nadat hy onder ‘n wolk weg is? Die Stormers bly die top SA-span in die internasionale kompetisies, en die Vrystaat is goed op pad om die Curriebeker te wen.
Ons het weer besoek gekry van etlike prokureurs op ‘n gholftoer. Johan de Necker van Newcastle vertel: Oupa en sy prokureur sit by Oupa se ouditeur. Die ouditeur wil weet waarom Oupa se geldsake so benard is. ‘Ek dobbel so bietjie’ erken Oupa. ‘Maar dan is dit geen wonder nie’, sê die prokureur, ‘g’n wonder jou geld het skielik soveel minder geword nie.’ ‘Aikona, ek wen altyd my geld terug, dis waarom ek my prokureur saamgebring het om jou te oortuig. Ek sal dit bewys’, antwoord Oupa. ‘Wat van ‘n demonstrasie?’ Baie huiwerig stem die ouditeur in. ‘Ek wed jou vyfduisend rand ek kan my eie oog byt.’ Die ouditeur besluit hy kan nie verloor nie. ‘Goed’, sê hy. Oupa haal sy glasoog uit, en byt die oog. ‘Nou wed ek jou tien-duisend rand, ek kan my ander oog ook byt.’ Die ouditeur kan sien Oupa is nie blind nie, en aanvaar die weddenskap om sy geld terug te wen. Oupa haal sy valstande uit en ‘byt’ sy ander oog. Die ouditeur is verstom.
‘Wat van ‘n finale weddenskap van R20 000? Ek wed jou ek kan aan dié kant van jou lessenaar staan en in die snippermandjie piepie sonder om ‘n druppel tussenin te mors.’ Die ouditeur kyk die ou man so en besluit daar is geen manier waarop hy dit gaan regkry nie. Hy stem in. Oupa gaan staan langs die lessenaar, kreun en steun van inspanning, maar die straal kom nie oor die lessenaar nie. Die hele lessenaar is papnat. Die ouditeur spring van blydskap oor sy groot wins, en Oupa se prokureur laat sal sy kop al kermend in sy hande. ‘Is alles reg?’ vra die ouditeur. ‘Nee’, sê die prokureur. ‘Vanoggend het Oupa vir my gesê jy het hom gevra om in te kom vir ‘n oudit. Hy wed my toe vir R100 000 dat hy jou hele lessenaar sal nat piepie, en dat jy in die wolke sal wees daaroor!’
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Fever’s Facebook page
