Stiltetyd: Ontferming en vertroosting
Hoe ook al, dit dra die betekenis van omgee en sorg dra vir ander.
Soms ervaar mens dat die woorde van ’n lied op die mees onwaarskynlike tye deur jou kop maal. Een van daardie liedere is die bekende lied: “He ain’t heavy, he’s my brother.” Die lied het ’n wêreldwye treffer vir die sanggroep “The Hollies” en ook vir die sanger “Neil Diamond” geword. Die agtergrond van die lied word deur sommige na James Wells (1884) toe teruggevoer wat vertel van ’n jong dogter wat haar baba boetie op haar rug dra.
Toe sy gevra is of hy nie te swaar is wat toe antwoord dat hy nie swaar is nie, want hy is dan haar boetie. Die uitdrukking “He ain’t heavy, he’s my brother” word ook geassosieer met die “Boys Town” beweging. Hoe ook al, dit dra die betekenis van omgee en sorg dra vir ander. In die Bybel in 2 Korintiërs 1:3-4 word die lof van God, die Vader van ontferming en vertroosting besing. Dit is in besonder ’n kenmerk van God. Belangrik ook is die feit dat Hy ons troos sodat ons ander kan vertroos en bemoedig met dieselfde bemoediging en vertroosting waarmee Hy ons vertroos.
Om getroos te lewe, beteken om te weet en te ervaar dat daar iemand is op wie jy kan staatmaak, op kan leuen in moeilike tye, ’n broer of ’n suster of ’n vriend of ’n pa en ma. Iemand wat jou kan dra as die lewe te veel word. Nie almal is so gelukkig nie. Die goeie nuus van die Bybel is dat die Christelike gemeente so ’n funksie moet vervul. Veral is die belofte uit die Bybel, met name 2 Korintiërs 1 so ’n versekering.
Ons lewe is in goeie hande. Ons lewe is in God se hande. Ook in die stormagtige tye waarin ons lewe. Dit is die dat die ou kerkvaders God se troos so verwoord het: “My enigste troos in lewe en dood is dat ek aan Jesus Christus behoort. Niks sal my ooit van Hom kan skei nie. Met Sy kosbare bloed het Hy my vrygekoop. Dis my anker en my vaste hoop.” Is dit ook jou enigste troos en anker in hierdie dae? Jy is nooit te swaar vir Jesus om te dra nie.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Fever’s Facebook page
