Stiltetyd: Genesing
Ons wil nie erken dat ons genesing, veral genesing na gees siel en liggaam nodig het nie.
Dit is soms moeilik om vrede te maak met die idee dat elke mens ’n skadukant het. Soms dink ons aan onsself as beter as ander. Ons hou byvoorbeeld nie van mense wat slordig is nie, want ons is ordelike mense. Ons wil nie graag herinner word daaraan dat ons ook soms dinge laat rondlê nie. Mens kan dit probeer vergelyk met iemand wat ernstig siek is. Die longe brand, die asem hyg, die lyf is seer en warm, maar alles is in orde.
Dis nie nodig om ’n diagnose te kry nie. Ons sou daarmee kon saamstem dat dit dwaas is om nie hulp te soek vir jou siektetoestand nie. Jy het ’n goeie diagnose en behandeling nodig vir jou siektetoestand. Soms as ons die diagnose hoor gaan ons in ’n skoktoestand as die diagnose nie goed is nie. Ons wil nie graag hoor dat ons terminaal siek is nie. Uiteindelik moet ons erken dat ons hulp nodig het.
Die Bybel draai nie doekies om om ’n diagnose te maak oor ons toestand as mense nie. Romeine 3:23 leer dat almal gesondig het en die eer aan God ontbreek by hulle. Die woord sonde word gebruik, wat sommige mense dadelik op hul verdediging het. “Ek is nie so sleg soos jy my maak nie,” is die eerste reaksie. Tog is ’n goeie diagnose nodig om gesond te word. Van nature is ons geneig om aan onsself te dink
Ons wil nie erken dat ons genesing, veral genesing na gees siel en liggaam nodig het nie. Kom ons erken dat ons ’n skadukant het, dat dit wat ons in ander haat, dalk juis ook iets is waarmee ons sukkel. Die Bybel is egter duidelik dat dinge soos moord, owerspel, onsedelikheid, diefstal, vals getuienis en lastering uit die mens se innerlike, uit sy hart ontspring. Die oomblik as ek erken dat ek met hierdie dinge worstel kan daar ook genesing kom. Moet dus nie ontken dat jy ook ’n skadukant het nie, maar hoor by God hoe jy hierdie skadukant na Hom toe kan bring sodat hy deur Sy Gees jou vandag, oomblik vir oomblik, kan lei na die lig, na Sy lig.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Fever’s Facebook page
