Stiltetyd: Integriteit
Is daar nog mense met integriteit te vinde? Integriteit beteken breedweg om ’n man of vrou uit een stuk te wees. Jy is nie omkoopbaar nie en kan op gereken word. Daar is ’n gesegde wat lui dat hy wat na niks mik altyd die teiken raak skiet. Eerlike mense, mense op wie jy kan
Is daar nog mense met integriteit te vinde? Integriteit beteken breedweg om ’n man of vrou uit een stuk te wees. Jy is nie omkoopbaar nie en kan op gereken word. Daar is ’n gesegde wat lui dat hy wat na niks mik altyd die teiken raak skiet. Eerlike mense, mense op wie jy kan reken, mense wat hulle woord gee en dit hou, is iets waarna almal smag. Dit sal sekerlik ook help om ’n samelewing te vestig waar mens nie moet wonder of iemand nie dalk ’n mes agter sy rug vashou en jou steek as jy omdraai nie.
Dit sal sekerlik help om ’n beter en gesonder samelewing te help vestig. Die Psalmis bid in Psalm 101:2-3 hierdie gebed: “Ek wil my toespits op ’n onberispelike lewenswyse. Wanneer sal ek dit bereik? Ek sal met ‘n opregte hart leef in my huis. Ek sal nie iets boos voor my oë verdra nie. In die pleeg van wandade het ek ’n weersin. Dit sal nie aan my kleef nie.”
Die Psalmis blyk iemand te wees wat doelgerig leef en probeer om ’n positiewe verskil te maak waar hy leef en werk, beginnende by sy eie huisgesin.. Die Psalm is ’n toewydingslied waarin die Psalmis hom voorneem om in sy gedrag en optrede iemand van integriteit te wees. Die vraag wat hy vra is natuurlik wanneer mens dit bereik. Die antwoord is dat integriteit in die hart gebore word.
Op ander plekke in die Bybel soos in Psalm 51, bid die Psalmis dat die Here aan hom ’n rein hart skenk. Integriteit is dus nie iets wat aangeplak is nie, maar wat wesenlik is aan iemand wat in die regte verhouding met God en daarom met sy naaste lewe. Jesus Christus was so iemand. Sy ja was sy ja en sy nee nee. Ons struikel almal, maar dit keer ons nie om deur Christus se krag en inwoning iemand te wees op wie mense kan reken nie. Ja, iemand wat goeddoen, wat seën en nie vervloek nie, bou en nie breek nie. Mag daar meer mense van integriteit wees hier aan die Suidkus.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Fever’s Facebook page
