South Coast Fever

Stiltetyd: Lewensvreugde

Wat is lewensvreugde? Dit is iets waarna menige mens smag.

Wat is lewensvreugde? Dit is iets waarna menige mens smag. Om gelukkig te wees en die beste uit die lewe te haal. Natuurlik hou lewensvreugde ook verband met omgee en uitreik na andere.
Dan nie onder dwang of deur manipulasie nie, maar omdat dit saliger is om te gee as om te ontvang.

Psalm 105 praat van iemand wat opgewonde is oor alles wat hy ontvang.

Lees mens Psalm 105, dan word jy byna oorweldig deur die hoeveelheid oproepe of opdragte aan die begin van die Psalm. In die eerste vyf verse vind ons nie minder as nege sterk werkwoorde nie.

Nie minder as nege keer word die hoorders opgeroep om iets te doen nie. Loof die Here.

Roep Hom aan. Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het. Sing liedere. Roem sy heilige

Naam. Wees bly. Soek hulp en beskerming by die Here. Soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle

moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het.

Dit is onseker wat die omstandighede van die lesers was. Dalk was daar ’n gebrek aan

lewensvreugde of dalk effense moedeloosheid en dinge het duister gelyk. Dis mos juis onder

sulke omstandighede dat die geestelike leiers die mense oproep om weg te kyk van hulle

omstandighede en om te fokus op die Here. Ons bevind ons vandag ook onder omstandighede

wat mense soms laat snak na hulle asem. Hierdie Psalm is aan gelowiges destyds en gelowiges

van alle tye geskryf om hul vreugde in die Here te bly soek. Daarom moet ons op die Here

fokus. Ons moet nie so vasgevang word in ons omstandighede dat ons ons perspektief verloor

en net op onsself fokus nie. Dink aan die Here se liefde wat in Christus aan jou bewys het. God

het Sy kinders om Christus wil lief. Hy wat jou gister deurgedra het, sal dit vandag weer doen en

môre en tot in alle ewigheid. Psalm 105 spreek elkeen van ons vandag aan. Is dit nie so dat ons

so verstrik geraak het in ons omstandighede dat ons moedeloos is nie en die lewe sy glans en

vreugde verloor het nie? Let op die Here se troue liefde deur die eeue. Skep moed!

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button