South Coast Fever

Stiltetyd: Dankbaarheid

Hoeveel rede het jy tot dankbaarheid?

Hoeveel rede het jy tot dankbaarheid? ’n Man stap een dag in die dorp se strate. Hy sien die slaggate en die onversorgde sypaadjies. Sy oë is neergslaan en dit is al wat sy horison vul.
Tot hy opkyk en skielik ’n valk hoog in die lug sien vlieg teen die agtergrond van die blou hemel. Skielik verander alles.

Hy het nie meer na benede gekyk nie. Hy het om hom gekyk en na bo gekyk en hy het begin sing: “Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.
Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie.
Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk.” (Psalm 103)

Christene se sondes is om Christus ontwil vergewe. Hulle name is in die boek van die lewe geskryf.
Daarom behoort gelowiges elke dag te sing: Ek wil die Here loof. Want het ons nie ook stof tot dankbaarheid nie?
Kan ons nie alles wat die Psalmis sê, beaam nie? Is dit nie ook waar van ons eie lewens nie?
Miskien moet ons ‘n bietjie kyk na die weldade van die Here waarmee Hy ons dag na dag oorlaai.
Ons is so geneig om na die negatiewe te kyk en te kla oor die situasie in die land en hoe swaar ons kry, dat ons die weldade van die Here vergeet.
Kom ons neem ons voor dat ons van vandag af gaan let op die weldade van die Here en dat ons nie een van sy weldade sal vergeet nie.

Kom ons fokus op die weldade van die Here en nie op onsself en ons omstandighede nie.
Dalk moet jy vandag ’n slag opkyk en dankie sê vir die wêreld waarin jy woon, God se wêreld.
Dalk sal jy weer die gate en die onversorgde tuin sien en miskien, miskien nèt ’n helpende hand uitsteek en die verskil wees.
Wees in alles dankbaar, want dit is wat God van ons in Christus verwag.

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button