South Coast Fever

Stiltetyd: Die behoefte aan veiligheid

“Ek voel nie meer veilig in hierdie gemeenskap waar ek woon nie.” Dit is die kreet van iemand wat in ’n omgewing woon waar wet en orde besig is om te verval.

“Ek voel nie meer veilig in hierdie gemeenskap waar ek woon nie.” Dit is die kreet van iemand wat in ’n omgewing woon waar wet en orde besig is om te verval. Daar is baie sulke plekke in ons land. In Sy bekende hiërargie van behoeftes het Maslow die behoefte aan veiligheid as een van die mees basiese behoeftes van die mens uitgewys. Hy het onder andere gesê dat as aan die mens die mens se mees basiese behoefte soos kos en water, slaap en warmte voldoen is, die mens kan beweeg na die volgende behoefte wat die behoefte aan veiligheid en sekuriteit is. Mense het in die algemeen ’n behoefte aan orde in hul lewe. Dinge soos finansiële sekuriteit, gesondheid, veiligheid teen ongelukke en beserings, is van die mees basiese behoeftes aan veiligheid. In Psalm 108 spreek die Psalmis ook sy behoefte aan veiligheid uit. Dit word gesien as ’n saamgestelde Psalm uit die Ballingskap. Die Ballingskap was natuurlik die tyd toe Israel ontwortel is en in ’n vreemde land as vreemdelinge moes woon, todat hulle lot verander het. Hoe maak mens as jy nie meer veilig voel nie? Hoe maak jy as jy nog in jou eie land woon maar voel dat jy ’n vreemdeling is? Dit is baiekeer die ervaring van mense in Suid-Afrika.

Soms kom dit omdat mense nog nie tot aanvaarding gekom het dat alles, ook die globale samelewing aan voortdurende verandering onderworpe is nie. Soms is dit die gevoel dat niemand jou veiligheid mee kan waarborg nie. In sulke omstandighede herinner Psalm 108 ons aan God se trou. Die ballinge verlang met nostalgie terug na die dae toe hulle veilig gevoel het. Al is hulle ver van die land in ballingskap, is hulle daarvan oortuig dat God sy beloftes aan die voorgeslagte waar sal maak. Al sien hulle nog niks daarvan nie, kan hulle nogtans sê: Ek voel weer veilig… Dit is geloof—om te vertrou selfs al sien jy nog geen teken van verhoring nie! Dis ’n belewing van “veilig voel” selfs al verkeer jy nog in gevaar. Dis ’n oortuiging dat God Homself sal laat geld al lyk dit of Hy afsydig staan. Dis ’n lag te midde van die traan.

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button