South Coast Fever

Sit jy op ‘n ashoop?

Opinion piece by Oom Kallie.

In elke samelewing is daar mense wat voel soos ashoop-mense. Ashoop-mense is mense wat voel hulle word deur almal afgeskryf en het nie eintlik waarde nie. Dit hoef nie noodwendig te dui op armes nie, maar ook mense wat uitgeskuif is deur die samelewing. Dalk is dit jou ervaring vandag. Daar is dus mense wat vanweë hul sosiale of politieke status na die kantlyn gerangeer word. Ander weer het dalk nie die sosiale kapitaal om getel te voel nie. Interessant genoeg spreek Psalm 113 in die Bybel juis sulke sosiaal maatskaplike situasies aan. Psalm 113:5-8 sê dat die Here wat hoog woon, laag afkyk op die hemel en die aarde. Die laag afkyk beteken nie dat Hy neerkyk op ons arme mensdom nie. Inteendeel, Hy is die Here. Dit beteken dat Hy in ’n verhouding van trou en liefde optree, veral teenoor Sy volgelinge maar ook teenoor alle mense. Hy laat hulpeloses uit die stof opstaan. Hy verhef behoeftiges van die ashoop af op. Hy laat hulle by vooraanstaandes sit. Dit beteken dat ook vooraanstaande mense ’n rol te speel het in die opheffing van ander.

Die Here verander die lot van mense, hetsy dit kinderloses is, mense wat destyds nie ’n toekoms gehad het nie, of mense sonder regte. Wat beteken dit vir ons in land waar ons onlangs weer gehoor het van haweloses en vlugtelinge, ook kinders wat in ’n verlate of besette gebou doodgebrand het? Dit beteken dat God hulle raaksien. Sy Seun Jesus Christus se liefde en genade strek ook na hulle uit. Dit beteken dat mense wat voel dat hulle uitgeskuif is of nie raakgesien word nie hulle na God en Sy mense, Sy kerk kan wend om hulp. Dit beteken dat almal hul afhanklikheid van God met besef. Ons is op mekaar aangewese ook in hierdie land. God sien jou raak, Hy is bewus van jou nood. Hy reik in Sy liefde en genade selfs na die ashoop toe uit waar jy jou bevind, hetsy dit ’n fisiese of metaforiese ashoop is. Ashoop mense wat voel dat die lewe hul weggegooi het, vind by God ’n tuiste. Beide ashoop mense en vooraanstaande mense, is op Hom aangewese.

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button