South Coast Fever

Stiltetyd: Geweld

Opinion piece.

Deur die eeue was daar siklusse van geweld in die wêreld, in Christelike en nie- Christelike samelewings. Geweld neem verskeie vorme aan. Daar is emosionele, fisiese, seksuele, ja elke denkbare vorm van geweld wat mens soms laat sidder. In ons dag en tyd word ons deur die media gedurig herinner dat geweld met ons is in al sy vorme. Hoe verbreek mens die siklus van geweld? Geweld word soms gedefinieer as die krag wat ’n persoon gebruik om ander aan te val. Die gewelddadige en opsetlike optrede van een persoon of groep teenoor ’n ander, kan fisiese mishandeling sowel as sielkundige pyn insluit.
Die nadraai van sulke gewelddadige optrede bly vir soms vir geslagte vassteek by mense. Die resente geweld in Israel en Gasa, sowel as ons eie land, herinner ons net weer aan watter nadraai gewelddadige optrede op ’n samelewing en gemeenskap kan hê. In die Bybelboek Amos (Amos 1 en 2) word die woorde van ’n veeboer wat optree as God se profeet, aan ons verskaf. Die gebeure speel af ongeveer 760 v.C. In die gedeelte word Goddelike oordeel verkondig oor talle nasies.
Op die klank af van die teks klink dit soos 2023! In Amos 1:7 word vermeld dat God se oordeel soos vuur die stadsmure van Gasa sal tref oor hulle oortredinge. Net toe Israel, die Here se mense met wie Amos ook in gesprek tree, dink hulle is veilig, preek Amos in Amos 2:5: “Ek sal vuur slinger teen Juda, dit sal die vestings van Jerusalem verwoes.” In hierdie gedeeltes word van oordeel gepraat oor volkere.
Die Here is God oor almal. Hy wys uit wat verkeerd is by Sy eie volk en die ander nasies. God veroordeel die wrede dinge wat ander nasies aan mense doen. Die interessante is dat ook Israel teen God en mens verkeerd opgetree het, deur Sy wet van liefde te verwerp. God roep dus alle mense tot bekering. Of die geweld huishoudelik is of institusioneel, keer terug na die Here. Sy Seun het op Golgota die sirkel van geweld verbreek, deur ’n gewelddadige dood vir sondaars te sterf. Wie in Christus glo, in Sy voetspore volg, soek na versoening, nie eskalering van konflik nie.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button