South Coast Fever

Mededinging tot eer van God

Die pas afgelope wêreld-rugbybeker-eindstryd is nog vars in ons geheue. Dit lyk of rugby ’n manier het om mense saam te snoer. Die Bybel is vol sport metafore. Ongelukkig was rugby nog nie uitgedink nie, anders sou daar seker baie metafore oor rugby gewees het. Daar word merendeels van metafore uit die Griekse en ander

Die pas afgelope wêreld-rugbybeker-eindstryd is nog vars in ons geheue. Dit lyk of rugby ’n manier het om mense saam te snoer. Die Bybel is vol sport metafore. Ongelukkig was rugby nog nie uitgedink nie, anders sou daar seker baie metafore oor rugby gewees het. Daar word merendeels van metafore uit die Griekse en ander spele van die tyd gebruik gemaak. 2 Timoteus 2:5 maak melding van hoe belangrik reëls in ’n wedstryd is.

’n Atleet wat aan ’n wedloop deelneem, word nie bekroon as hy nie volgens die die reëls meeding nie. In Filippense 3:14 sê die skrywer dat hy beur na die wenstreep. Natuurlik is die opmerkings in 1 Korintiërs 9:24 en 25 vir diegene wat die rugby wêreld eindstryd ook belangrik. “Onthou dat net een die prys ontvang en almal wat deelneem pas in elke opsig dissipline toe.” Ook in die Ou Testament word hierdie belofte in Jesaja 40:330 en 31 gegee: “Jong seuns word moeg en raak afgemat, jong manne struikel en val. Maar wie op die Here wag, herwin hulle krag. Hulle kry nuwe vere soos arende. Hulle hardloop maar raak nie afgemat nie, hulle loop maar word nie moeg nie.”

Ja, met al die positiewe wat uit die Wêreldbeker eindstryd na vore kom, is hierdie opmerkings in die Bybel ook van groot belang vir die Christen is sy of haar navolging van Jesus Christus. Christene lei gedissiplineerde lewens. Die geloofsgewoonte van Bybelstudie en gebed, die spreekwoordelike stiltetyd, is belangrik om hierdie dissipline te kweek. Elkeen kan nie maar net doen wat hy of sy wil sonder om ook ander wat deel is van hierdie Christelike wedloop in ag te neem nie.

Net soos wat die Springbokke en ander spanne mekaar moet ondersteun, help Christene om mekaar se laste te dra. Die gebaar van die Springbok kaptein om ander spelers moed in te praat en te inspireer is ook ’n opgawe vir elke Christen. Niemand leef vir homself en niemand serf vir homself nie. As ons leef, leef ons tot eer van die Here en as ons sterf, sterf ons tot eer van die Here. Uiteindelik neem ons deel aan die spel van die lewe tot eer van God.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button