South Coast Fever

Wouter se Watergat

Na die spanning van die Rugby-wêreldbekerkompetisie het daar ‘n soort rustigheid op die Watergat neergedaal. Ons was naderhand moeg vir die herhalende optogte in die verskillende stede, en ons aandag het verskuif na die Proteas met die hoop dat hulle dalk hul rugby-kollegas kan nadoen. Tot die wedstryd teen Indië. Daar en dan het ons

Na die spanning van die Rugby-wêreldbekerkompetisie het daar ‘n soort rustigheid op die Watergat neergedaal. Ons was naderhand moeg vir die herhalende optogte in die verskillende stede, en ons aandag het verskuif na die Proteas met die hoop dat hulle dalk hul rugby-kollegas kan nadoen. Tot die wedstryd teen Indië. Daar en dan het ons besef ses oorwinnings uit agt wedstryde, die meeste lopies, honderdtalle of sesse beteken net mooi niks in die half-eind- of eindrondes nie. In die laaste vier is jou eerste nederlaag jou laaste. Soos die puntestand nou staan sal ons waarskynlik in die eindronde weer teen Indië speel indien ons by bv. Australië verbykom. Tensy daar ‘n groot insinking in die Indiërs se spel intree, sal die gashere die toernooi wen. ‘n Uitstaande, goed-gebalanseerde span met die superster Virat Kohli vooraan.

Oor die Verenigde Rugbykompetisie bly ek liewer stil. Die Suid-Afrikaanse spanne, die Sharks, Lions, Bulle en tot selfs die Stormers, speel patetiese rugby. Kan nie glo dis ons reserwekrag nie. Kom ons hoop hulle word wakker, anders gaan die oorsese spanne ons verwoes terwyl ons oorwinnings oor mekaar gaan wees.

Intussen is ons reeds weer in November, tradisioneel die maand met die slegste weer aan die Suidkus, wat vanjaar al in September begin het. Kom ons hoop ons is die komende skoolvakansie geseën met fantastiese weer sodat ons gasvryheidsektor ‘n rekord jaar kan beleef. Ons het dit almal nodig.

Verder is daar min te rapporteer, behalwe dat die nie-sportgesprekke oorheers is deur die demagoog van Limpopo, Julius Malema. Ek het dit vantevore gesê, en sê dit weer. Hy is die gevaarlikste mens in Suid-Afrika op die oomblik. ‘n ‘Wrecking ball’, waarvoor daar nie ‘n Afrikaanse vertaling is nie. Sy uitlatings oor die Bokspan en apartheid is verwerplik, en hoe gouer hy gestuit word, hoe beter. Die man is ‘n ongekende gevaar en doen en sê net wat hy wil.

Ons glimlag van die week kom van Sandra White van Manaba wat die volgende eksamen-antwoorde per e-pos aan my gestuur het: Salomo het driehonderd vroue en nog sewehonderd bye-vye gehad. Nie almal van hulle het gesteek nie, maar hy was gelukkig baie slim en het ‘n plan uitgewerk. Egipteland is bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle hero-gleuwe geskryf en vir hulle pappies gewys. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon. Die Egiptenare was ‘n hoogs-gekulde volk en sonder hulle sou ons nie ‘n geskiedenis gehad het nie. Hulle het omtrent al die kafees in Egipte gehad. My ma sê hulle het mites gehad wat seker in die kombuis gewerk het. Demokrates was ‘n beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en mense raad gegee het. Hy is dood omdat hy ‘n verskriklike oordosis was of so iets. Na sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan. In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal paal gespring, zol geswaai en disnis gegooi. Hulle was ook lief vir budgie-jump, want daar was niks anders om te jump nie.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

Check Also
Close
Back to top button