South Coast Fever

Wouter se Watergat

Opinion piece.

‘n Rustige week agter die blad. Baie min besoekers, tipies van November, maar ons plaaslike klante kom nog gereeld vir vroulief se ‘spacial’ van die dag op die middagete-spyskaart, gaan dan rerug werk of huis toe, afhangend hul omstandighede, en net na vier sien ons die groepie wat feitlik elke dag daardie tyd hier inloer vir ‘n paar skuimkoppe voordat hulle ses-uur huis toe vertrek. Ek het dit al voorheen genoem maar is te bang om daaroor uit te vra, maar ek is oortuig daarvan hul vrouens dink hulle werk tot ses-uur. Hoop nie ek het iemand nou in die moeilikheid laat beland nie.

Die onvermydelike groot besprekingspunt was die Proteas se nederlaag in die halfeindstryd van die Wêreldbeker. Gaan nie die derm-uitrygmenings herhaal nie, behalwe om uit te wys dat Bavuma voor die toernooi met goeie tellings ‘n groot rol gespeel om ons vir die toernooi te laat kwalifiseer. Weens sy swak vertonings in die toernooi self en sy besering, moes hy egter nie in die halfeind gespeel het nie. Die nederlaag teen die Aussies was nietemin nie net sy skuld nie. Die afrigter moet ook pa staan vir sekere besluite op sekere tye, asook van die senior spelers wat misluk het toe ons hulle nodig gehad het. Soos De Kock, Markram en Van der Dussen. Gelukkig was daar veggees by Miller en Coetzee. Wat meer kan ‘n mens sê as jy nie wil redeneer oor kwotas en sulke sake nie?

Weg met die negatiewe dinge. Oupa en sy prokureur sit by Oupa se ouditeur. Die ouditeur wil weet waarom Oupa se geldsake so benard is. ‘Ek dobbel so bietjie’ erken Oupa. ‘Maar dan is dit geen wonder nie’, sê die ouditeur, ‘jou geld het skielik soveel minder geword nie.’ ‘Aikona, ek wen altyd my geld terug. ‘Wat van ‘n demonstrasie?’ Baie huiwerig stem die ouditeur in. ‘Ek wed jou vyfduisend rand ek kan my eie oog byt.’ ‘Goed’, sê die ouditeur. Oupa haal sy glasoog uit, en byt die oog. ‘Nou wed ek jou tien-duisend rand, ek kan my ander oog ook byt.’ Die ouditeur kan sien Oupa is nie blind nie, en aanvaar die weddenskap. Oupa haal sy valstande uit en ‘byt’ sy ander oog. Die ouditeur is verstom.

‘Wat van ‘n finale weddenskap van R20 000? Ek wed jou ek kan aan dié kant van jou lessenaar staan en in die snippermandjie piepie sonder om ‘n druppel tussenin te mors.’ Die ouditeur besluit daar is geen manier waarop die ou man dit gaan regkry nie. Hy stem in. Oupa gaan staan langs die lessenaar, kreun en steun van inspanning, maar die straal kom nie oor die lessenaar nie. Die hele lessenaar is papnat. Die ouditeur spring van blydskap, en Oupa se prokureur laat sal sy kop al kermend in sy hande. ‘Is alles reg?’ vra die ouditeur. ‘Nee’, sê die prokureur. ‘Vanoggend het Oupa vir my gesê jy het hom gevra om in te kom vir ‘n oudit. Hy wed my toe vir R100 000 dat hy jou hele lessenaar sal nat piepie, en dat jy in die wolke sal wees daaroor!’

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button