South Coast Fever

God se stem

Opinion piece by Oom Kallie.

Die skildery praat met my. Die Here praat met ons deur die verhitting van die aarde. Dalk het jy al mense so hoor praat. Vermoedelik sê Christene almal die een of ander tyd dat die Here met hulle praat of dat hulle deur God aangespreek is. God praat op baie maniere – in die skepping, deur sy Gees, deur gebed, deur insigte, deur geloof onderskeiding in die geloofsgemeenskap, deur gawes, deur roeping, deur omstandighede.
Die belangrikste manier waarop Hy egter vandag praat, is deur Sy Seun, die Een wat ook die Woord van God genoem word. Dit is Hy wat ons verlos. Dit is Hy wat ons lei. Na Hom moet ons dus bo alles luister. So staan dit ook in Hebreërs 1:1en 2 geskryf: “In die ou tyd het God op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar in hierdie eindtyd het Hy met ons gepraat deur Sy Seun.” In die ou tyd het mense God se woorde ontvang deur die profete, deur drome en gesigte en deur ’n Godsverskyning. Die tradisie leer dat selfs engele boodskappe afgelewer het.

Die eindtyd het met die geboorte, sterwe, opstanding en Hemelvaart van Jesus Christus aangebreek. Dit is die Een wie se koms na die wêreld ons hierdie Kerfees weer vier. Jesus Christus is God se finale openbaring aan die wêreld. Die Bybel getuig van Christus.

Wie die Bybel lees en leef ontdek ontdek dat hulle al meer aan die beeld van Christus gelyk word deur die werking van die Heilige Gees. Destyds het die gelowiges geweldig baie uitdagings beleef. Ook in ons dag is daar talle uitdagings waarmee gelowiges gekonfronteer word. Kan ons nog glo dat God met ons praat. Die antwoord lê by die krip en die leë graf. Jesus Christus het hoop gebring waar mense hoop verloor het.

Hy het sekerheid gebring waar mense soos kurkproppe op ’n see van onsekerheid gedobber het. Hy het versoening kom bring waar politiek en ras en kultuur, mense verdeel het. Hoor jy nie meer God se stem nie? Mag hierdie Kersfees, Christus se menswording in ’n krip in Bethlehem, met jou praat. Mag die gebeure by Bethlehem ook vir huidige Bethlehem en ons land, blywende vrede en nuwe hoop bring.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button