South Coast Fever

Wouter se Watergat

opinion piece.

Die blydskap onder ons Sharks-ondersteuners is intens noudat ons manne begin wys waartoe hulle in staat is wanneer die beste beskikbare spelers, veral die Springbokke, gekies word. Soos hulle nou speel, gaan hulle ‘n groot faktor wees vorentoe. John Plumtree het so twee weke gelede maar oes gelyk in ‘n TV-onderhoud toe hy uitgevra is oor die reeks nederlae wat sy span gely het. Jy kon sien hy was bekommerd, maar hy het daarop gewys dat hy nog nie sy beste span kon kies nie weens die afwesigheid van enkele sleutelspelers.

Intussen het die unie ook verklaar dat hy nie nog Springbokke gaan werf nie, want hul nasionale verpligtinge benadeel die span. Hul visier is nou gestel op spelers van ander franchises, onder meer die Lions. Iets wat Pottie bitter ongelukkig maak, want daar is minstens drie van die Lions se jong sterre waarin die Durbaniete belang stel. ‘Net wanneer ons oor ‘n tydperk ‘n goeie kern opgebou het met beperkte finansies, dan kom die rykes en rokkel hulle af. Dit moet stopgesit word!’, was sy reaksie. Ek het simpatie met hom, want dit moet erg frustrerend wees vir ‘n afrigter soos Cash van Rooyen wat weet hy berei waarskynlik sekere spelers voor vir ander unies.

Ewenwel, ons is baie besig, baie besoekers en ten spite van ‘n paar slegte dae, is die weer heel goed. Tom en Ansie Terblanche van Johannesburg, gereelde besoekers elke Desember, het ons herinner aan ‘n paar jaar gelede toe hulle hier was, en van vroulief se sop ( ja, in die somer) geeët het. Sy het vertel die sop het haar laat dink aan die sakevrou wat op haar verjaardag deur haar kollegas op ‘n middagete getrakteer is.

Sy het twee borde restaurant-boontjiesop geeët omdat dit so lekker was. Haar man wag haar later die middag by die voordeur in, en lig haar in hy het ‘n spesiale verjaardag-verrassing gereël. Hy blinddoek haar en lei haar na die eetkamertafel. Net toe sy sit, lui sy selfoon, hy sien dis ‘n krisis by sy werk, maak verskoning en gaan gou kombuis toe om die oproep te beantwoord.

Net daar begin haar maag geluide maak. ‘n Skielike aanval van ‘flatulensie’, wat reeds op pad huis toe begin het, oorval haar. Haar man is nog in die kombuis, sy lig haarself effens op en laat waai met ‘n ontlading. Sy skrik self vir die geluid en die onaangename reuk. Verskriklik. Binne dertig sekondes is die drukking terug en weer laat sy waai. Haar man sluit sy gesprek in die kombuis af, en sy maak weer seker sy’s ok.

Dié keer is die onaangename walm eers erg, maar dit verdwyn voor haar man se oproep klaar is. Hy kom terug, maak verskoning vir sy afwesigheid, en vertel aan sy vrou hy het vir haar 50e verjaardag ‘n baie spesiale verrassingsete gereël het met die hulp van buite-spyseniers. Daarmee haal hy haar blinddoek af. By haar aan tafel (vol disse en elkker mos) sit haar twee seuns met hul vriendinne, en twee van haar eie beste vriendinne en hul mans. Van hulle met groot oë, haar kinders erg ontstig, syself tot in haar siel geskok, en haar man totaal oorbluf oor die die mense voor hom se reaksie.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button