South Coast Fever

Stiltetyd: Vertrou op die Here

Oordenking stuk.

Berge boesem ontsag by mense in. Wie reis in die Drakensberge of die Wes-Kaap se bergreekse ken, kom onder die indruk van die grootsheid van God se skepping. Berge in die Bybelse konteks word soms met die afgode geassosieer, maar dikwels met die Here se beskerming en sorg. So word ook in Psalm 125 ’n bede uitgespreek dat God Sy mense beskerm. Dit is ’n bede dat soos wat die berge en heuwels rondom Jerusalem metafoor van gerusstelling en sorg was, die gelowige ook kan rus in die wete dat God sorg vir die wat op Hom vertrou.

Waarop vestig jy jou hoop in 2024? Is dit dalk dat op die feit dat jy ’n gesonde mens is? Ons weet almal dat siekte jou vinnig kan bekruip. Stel jy jou hoop om jou belegging in die bank? Ons weet almal dat inflasie ook maar vreet aan daardie belegging. Is dit op die feit dat jy al jou planne agtermekaar het vir die res van die jaar? Het jy gevra na die wil van God vir die jaar wat voorlê?

Psalm 125 stel dit onomwonde dat die wat op die Here vertrou soos die berg Sion is wat nie wankel nie en vir altyd vasstaan. Dit is ’n vertrouensuitspraak en impliseer dat nie almal in die geloofsgemeenskap hulle hoop op God alleen vestig nie. Die Psalm bevat ‘n wonderlike troosboodskap. Dit wil beklemtoon dat die wat op die Here vertrou, altyd vas bly staan en ten spyte van aanslae nie in onsekerheid hoef te leef nie. Dit wil ons verder oproep om saam met die Psalmis ons geloof te bely. Laastens wil dit ons oproep om ons lewens aan die Here te wy.

Natuurlik was daar ook tye waar Israel nie hul hoop op die Here gevestig het nie. Uit die geskiedenis weet ons dat die berge om Jerusalem nie op sigself sekerheid kon waarborg nie. Die gelowige se lewe bly een van stryd waar mens in die haglikste omstandighede steeds op die Here moet bly vertrou. Soos Christus in die donker uur van Golgota ten spyte van God verlatenheid steeds Sy vertroue in Sy Vader behou het. Hy is die vaste Rots waarop ons bou.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button