South Coast Fever

Stiltetyd

Die blye boodskap...

Die Here verander die lot van mense. My omstandighede sal weldra verander. Glo ons dit regtig nog? Wanneer ons gesels oor die toekoms praat ons so met mekaar dat ons eintlik ons eie ondergang bewerk met ons tonge. “Jy moet sien hoe tree hulle op, of ek sê vir jou, mens kan die tekens sien. Hulle wag net om ons by te kom.” Uit die aard van die saak kan ’n toekomskundige projeksies oor die toekoms maak.

Dis nie so moeilik om tendense te voorspel nie. Die vraag is of ons as Christene nog glo in ’n God wat die lotgevalle van mense en volkere verander, of sing ons saam in die koor van negatiwiteit? Die Here verander die lot van mense! Dit is die boodskap van Psalm 126. Dit is die blye boodskap wat dwarsdeur die Bybel so sterk na vore kom. Dit is die boodskap wat die Christendom en kerk deur die eeue gebring het. Dit is waarvan elke gelowige kan getuig. Die Here verander dinge. Ons hoef nie in sak en as te sit en net die slegste te verwag nie. Ons kan saai en plant soos ’n boer in geloof sy werk doen, met die verwagting van ’n oes.

Die Here het die lot van Sion verander. Dit is die heilsfeit waarmee die Psalm begin. Uit die Psalm blyk egter dat dit nie gaan om die lotsverandering van die stad as sodanig nie, maar van die geloofsgemeenskap. Dit kan verwys na ’n konkrete situasie van die ingryping van die Here. Hierdie lotsverandering lê in die verlede. Die lotsverandering was vir die gelowiges soos ‘n droom. Hulle moes hulleself knyp om uit te vind of hulle nie slaap en droom nie. ‘n Droom het waar geword! God het ingegryp en alles nuut gemaak.

Hy het alles omgedraai. In die Nuwe Testament lees ons mos juis dat Jesus gekom het om ons lot te verander. Hy het ons vry gemaak van die bande van sonde en die Satan en die dood. Hy het die onmoontlike moontlik gemaak. Ons as gelowiges verwag ’n nuwe hemel en aarde. Kom dan mense van Suid-Afrika, Christene van die Suidkus, waar is jou hoop en verwagting in die lewende God?

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button