South Coast Fever

Wouter se Watergat: KSA se omstrede krieketbesluite

Dit was weereens ‘n stillerige week, en ons is nou in Februarie, tradisioneel een van die ‘stilste’ maande van die jaar. Gelukkig het ons ons getroue ‘locals’ wat ons aan die gang hou en ons dae interessant maak. Daar was baie politieke praatjies, waarmee ek julle nie gaan verveel nie, en die res van die

Dit was weereens ‘n stillerige week, en ons is nou in Februarie, tradisioneel een van die ‘stilste’ maande van die jaar. Gelukkig het ons ons getroue ‘locals’ wat ons aan die gang hou en ons dae interessant maak.

Daar was baie politieke praatjies, waarmee ek julle nie gaan verveel nie, en die res van die besprekings was sportverwant, soos gewoonlik, met die klem op krieket, veral die Suid-Afrikaanse T20-toernooi met al sy groot name, wat blykbaar ‘n reuse sukses was. Wat ooglopend nie so ‘n groot sukses is nie, is die besluit om ‘n SA-toetsspan met spelers wat onder normale omstandighede nooit gekies sou word nie, na Nieu-Seeland te stuur. Die rede? Toetsspelers wat betrokke is by die T20 -reeks is nie deur KSA vir die toer in ag geneem nie. Toe hierdie rubriek geskryf is, was die Proteas op pad na ‘n lelike loesing. Met nog wat wag. T20-krieket is die geldbron, maat toetskrieket is nog steeds die ware Jakob, waar die hart van die spel lê. Waar die manne van die seuns geskei word en bofbalkrieket nie belangrik is nie. Soos Indië en Engeland pas weer bewys het.

‘n Incident wat ook onder bespreking was het te doen met Dricus du Plessis, ons pasgekroonde gemengde vegkunskampioen. Hy is baie gewild, almal wat ons ken, en die oorgrote meerderheid van ons klante hou van hom. Hy is uitgesproke, het die regering aangevat, en dis maklik om van hom te hou weens die manier waarop hy hom gedra. Oom Pottie reken egter hy het een groot oordeelsfout gemaak, naamlik om in ‘n vorige geveg oor die ‘draad’ te spring om oud-President Trump ‘n handdruk te gaan gee.

Die storie van die week kom ook uit Pottie se argief: Die ou oom vertel vir iemand hoe lekker dit is om oud te wees. “Is die lewe nog opwindend Oom?”, vra die jong man. “Maar natuurlik, Boet. Vat nou maar Dinsdagoggend. Ek en my vrou gaan eet ontbyt en loop in die Mall rond. Toe ek uitkom staan daar ‘n verkeersman ‘n boete en uitskryf. Ek stap na hom toe en sê ‘is jy mal in jou kop? Hoe kan jy vir ‘n ou man ‘n boete uitskryf?’

Die verkeersman vererg hom en skryf sommer ook ‘n boete uit vir die ‘chip’ in die voorruit. Ek skree op hom ‘is jy nou heeltemal besimpeld?’ Toe skryf hy ‘n boete uit omdat die lisensie verval het. Ek skree weer ‘dis nou tipies wat mens van jou soort kan verwag! Jy gee nie eens om vir ander mense nie!’ Toe skryf hy ‘n boete uit vir bande wat te glad is, en teen hierdie tyd is hy rooiwarm kwaad vir my. Hy druk sy vinger teen my bors en sis deur sy tande: en jy, meneer , is in elk geval te oud om te bestuur. En toe sê ek wel, daar stem ek met jou saam, op die presiese oomblik toe die bus kom en ek en my vrou inklim. Jy moes die verkeersman se gesig gesien het. Ek voel ook nie sleg vir die bestuurder van die motor nie, want agterop was ‘n ‘sticker’ met die woorde: I love Malema.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button