South Coast Fever

Stiltetyd

"Hoe wreed kan mense nie teenoor mekaar wees nie."

‘n Mens kan ‘n verskriklik wrede ding wees. Hier word nie verwys na menslike wreedheid teenoor diere en die omgewing in die algemeen nie, maar veral van wreedheid van mense teenoor mekaar. Mens word dikwels diep geskok as jy oor die nuus sien wat mense aan mekaar doen. Mense vermoor mekaar op die onmenslikste manier. Mense vermink en vernietig mekaar in oorloë en opstande. Dalk het jy self onder die wreedheid of venyn van mense deurgeloop.

Iemand wat agteraf van jou sleg gepraat het, dalk is jy op skool geboelie. Dalk word jy nou in ‘n intieme verhouding geboelie. Die Psalmis in Psalm 129:1 dat hy dikwels aangeval is. Reeds van sy jeug af het hy dit swaar gehad. Hy maak die leed wat hy moes deurmaak ook van betrekking op die volk waaraan hy behoort. Die Psalmis personifieer die geskiedenis en sê: “Hulle het my van jongs af swaar verdruk.” Dit is wat Israel moet sê en moet herhaal. As hulle terugkyk op hulle geskiedenis, dan is dit mos die geval. Reeds in Egipte is hulle wreed onderdruk. Toe moes hulle as slawe hard werk. Die base het die las al swaarder gemaak. Uiteindelik is hulle kinders wreed vermoor. Hoe swaar het hulle nie gely nie. Later het die Filistyne hulle onderdruk. Toe die Arameërs en talle ander volke en toe die Assiriërs en die Babiloniërs.

Die Here is egter regverdig, leer die Psalmis. Hy gebruik beeldspraak in vers 3 om te sê dat ploeërs op sy rug geploeg het. Die verwonding deur ander wat dit sleg met hom en Israel bedoel het, het diep gesny. Dalk ook in jou lewe is daar rou seer. In vers 4 van die Psalm sê die Psalmis dat die Here die regverdige se toue stukkend gesny het. Dit is ‘n beeld van osse wat vrygelaat word as die trek rieme losgesny word. Hoe wonderlik om te weet dat God die bevryder is wat nie net liggaamlike nie, maar ook emosionele letsels aanraak met Sy goedheid. Die Christen het selfs meer rede om saam met die Psalmis te jubel. Deur die wonde van die verwonde Christus is ons genees. Soek jou genesing by Hom. Hy maak alle bande los!

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button