South Coast Fever

Die nadele van dwarstrekkery versus eensgesindheid

Eendrag maak mag, oftewel “ex unitate vires.” U is dalk nog vertroud met hierdie leuse.. Hedendaags praat ons in Suid-Afrika van 'eenheid in diversiteit'. Daar is baie voordele verbonde aan eensgesindheid en saamstaan. Daarteenoor kry mens ook dat mense soms dwarstrek.

Eendrag maak mag, oftewel “ex unitate vires.” U is dalk nog vertroud met hierdie leuse.. Hedendaags praat ons in Suid-Afrika van ‘eenheid in diversiteit’. Daar is baie voordele verbonde aan eensgesindheid en saamstaan. Daarteenoor kry mens ook dat mense soms dwarstrek.

Dwarstrekkers word soms gedefinieer as eiewyse mense wat graag hulle eie kop volg of koers inslaan sonder om altyd die heil van die groter groep in ag te neem. Daar is sekerlik kontekste waar dit dalk goed is om teen die stroom te swem. Dwarstrekkery binne ’n direksie of kerk of enige organisasie kan egter ook die ideale en doelwitte van die groep of span ondermyn. Psalm 133 besing die deug van eensgesindheid onder broers.

Dit is ‘n kort en kragtige Psalm. Dit begin immers met ‘n wysheidspreuk. Hoe goed, hoe mooi is dit dat broers eensgesind saam woon! Dit is ‘n universele waarheid. Dit was toe waar en is vandag nog waar. Dit is waar in en vir alle gemeenskappe en kulture. Niemand sal seker hierteen stry nie.

Teen die agtergrond van die destydse kultuur, was dit belangrik dat familieverhoudings gesond sou wees. Mense moes saamstaan want daar was nie die georganiseerde welsynsnetwerk van vandag nie.

Jesus het ook oor eensgesindheid gepraat toe Hy die bekende spreuk aangehaal het wat sê dat ‘n huis wat in homself verdeeld is, nie kan bly bestaan nie. Daar is diegene wat sê dat Psalm 133 nie net na fisiese broers verwys nie, maar na broers in die geloof.

Dit is goed dat daar eensgesindheid onder geloofsgenote is. Hoe dikwels word die werk van die kerk nie in die wiele gery deur ‘n gebrek aan eensgesindheid nie! As dit van toepassing gemaak kan word op broers in die geloof, dan kan dit seker ook van toepassing wees op vriende en mense wat in dieselfde gemeenskap leef. Hoe anders kon ons gemeenskap nie wees as daar groter eensgesindheid en minder verdeeldheid en agterdog en beswaddering onderling was nie.

Eensgesindheid beteken nie noodwendig dat almal oor alles saamstem nie. Dit gaan oor die manier waarop ons verskil en die vashou aan die groter doel. Is jy ’n speek in die wiel of help jou bydrae om sake te laat vloei gegewe die konteks waar jy inskakel?

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button