South Coast Fever

Waarom is dit so moeilik om vol hoop te leef?

Die Psalm bevat 'n diepgaande belydenis wat gelowiges in hul eie onderskeie noodsituasies kan deurdra.

In noodsituasies word noodmaatreëls getref. Noodmaatreëls vereis spesiale dekrete of optredes.

In Psalm 138:7 en 8 bely die Psalmis: “As ek in diep benoudheid verkeer, bewaar U my lewe. Teen die toorn van my vyande steek U U hand uit. U regterhand verlos my.”

Die Psalm bevat ‘n diepgaande belydenis wat gelowiges in hul eie onderskeie noodsituasies kan deurdra.

As nood my oorval, hou God hom in die lewe. Die nood bring nie ‘n einde aan sy lewe nie. Kan ons dit nie ook getuig nie? As gelowiges kan ons hieraan vashou: as nood ons oorval, hou die Here ons in die lewe, selfs al sterwe ons.

U strek u hand uit, U regterhand red my. Die Here hou ons nie net in die lewe nie, maar red ons ook. Hoe vol is die Bybel nie van verhale van die wonderbare verlossing van die Here nie! Tog moet ons bely dat ons soms leef asof die Here ons nie verlos het of kan verlos van die nood waarin ons is nie.

Die Here sal alles vir my goed laat afloop, sê die Psalmis. Hy gaan die toekoms blymoedig in. Hy is positief. Hy hoop. Sy omstandighede was nie aldag baie maklik nie. Maar hy kan blymoedig en kragdadig leef omdat hy weet dat die Here alles vir hom goed sal laat afloop.

Ons vind dit soms moeilik om hoopvol te leef. Hoekom? Is dit miskien omdat ons vergeet dat die Here ons in die lewe hou en red en dat alles daarom vir ons goed sal afloop? Ons moet mooi daarop let dat die Psalmis nie sê dat alles sal verloop soos hy wil nie.

Die goed afloop beteken ook nie dat ons net voorspoed sal ken nie. God weet die beste. Wat ook al gebeur, op die einde sal elke gelowige erken dat die Here alles vir ons goed laat afloop het. Die digter sluit met ‘n samevatting van sy geloof: Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie.

Wie die Bybel lees en die liefde van die Here ervaar, kan nie anders as om saam met die Psalmis te sing dat daar geen einde is aan die liefde van God nie.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

Back to top button