South Coast Fever

Stiltetyd

"Meer mense se lewens is deur die tong verwoes as deur die swaard."

Die lewe is nie net maanskyn en rose nie. Daar is soms net soveel dorings as rose. Meer steil opdraendes en gevaarlike afgronde as oop gelyktes.

Gelowiges en ongelowiges ervaar die lewe soms as ‘n stryd. Die stryd van die gelowiges is soms net bietjie swaarder omdat dit ons geloof ook raak.

Dit word soms ‘n geestelike stryd. Ons geestelike stryd het mos nie net met ons geesteslewe te doen nie, maar ook met ons hele gewone daaglikse lewe.

Soms is dit dan die klein jakkalsies wat die wingerd vreet en die lewe versuur. Soms word hierdie skynbaar klein dingetjies so groot dat dit mens in jou wese ongelukkig maak. Dit kraak jou so af dat jy nie kan aangaan nie.
Psalm 140 is ‘n gebed om redding en beskerming.

Een van die dinge wat dreig om die Psalmis te ontspoor, is verbale geweld. Die Psalmis maak melding van mense wat hulle tonge so skerp maak soos die van slange-(Psalm 140:6).

Die Psalmis weet wat ons mos ook weet: dat meer mense se lewens al verwoes is deur die tong as deur die swaard.

Hy het besef dat die mense wat hom beskinder, kwade bedoelings het en hom skade wil berokken.
Met hulle woorde het hulle hom afgekraak. Hulle woorde was soos die gif van slange. Verbale geweld is mos iets wat meestal in die geheim gedoen word.

Van skinderstories hoor jy soms net lank na die tyd en langs ompaaie. Hoe verweer mens jou teen skinderstories en verbale geweld?

Hoe baie is daar nie wat vandag nog bid: Red my van die verbale geweld. Red my van skinderstories wat my lewe verwoes. Red my van die slegte en onware dinge wat oor my gesê word.

Beskerm my teen die aanvalle met die mond van die wat giftig soos slange is.
Miskien moet ons ook vra of ons nie dalk self in die groep van mense val wat geweld pleeg, slegte dinge bedink en vyandskap aanblaas val nie.

Hoe praat ons van en oor ander mense? Hoeveel keer maak ons ons nie skuldig aan verbale geweld nie?
Dit is dalk tyd dat ons ons tonge onder beheer van die Heilige Gees stel.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button