BOKSERS van die Suidheuwels Amateur Boksklub het hul staal behoorlik tydens ‘n inter-klub toernooi gewys.
Die toernooi is by Jeppe Vegtersklub Akademie op Saterdag, 4 Maart, gehou waar talle klubs in die Johannesburg gebied deelgeneem het.
Drie van die Suidheuwels se boksers het hul gevegte teen hul teenstanders gewen. Lizelle du Plooy het in die 48kg vroue gewigsafdeling met haar teenstander afgereken. Sy het ook die beste bokser toekenning op die toernooi gewen.
In die 64kg mans gewigsafdeling het Jacey Myburgh sy geveg gewen en Bopol Tshiunza het in die 75kg mans afdeling sy staal gewys en sy teenstander met punte geklop.
Suidheuwels Boksklub bied ook op Saterdag, 25 Maart, ‘n interklub toernooi aan. Sowat 25 gevegte sal op die dag plaasvind.
Kontak Billy Hurford om meer inligting te bekom by 083 220 9408.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



