Kom skaterlag vir “My Vrou Se Man Se Lyk Se Tas”

My Vrou Se Man Se Lyk Se Tas sal by Emperors Palace optree en belowe om die snaakste een te wees.

KEMPTON PARK – Suid-Afrikaners het reeds baie lekker gelag vir Ray Cooney se splinternuwe klug, My Vrou Se Man Se Lyk Se Tas, meesterlik in Afrikaans vertaal deur Peet van Rensburg uit die oorspronklike Funny Money en onder die regie van Frans Swart.

Hierdie produksie het reeds voor uitverkoopte gehore regoor Suid-Afrika gespeel en kom nou Emperors Palace toe vir ‘n twee weke speelvak. Hierdie is natuurlik een van Cooney se baie suksesvolle klugte op Londen se West End en word vir die heel eerste keer in Suid-Afrika aangebied. My Vrou Se Man Se Lyk Se Tas word vanaf 15 tot 27 Oktober by Emperors Palace se Theatre Marcellus aangebied.

Besprekings kan by Computicket gedoen word deur 0861 915 8000 te skakel, of op die webwerf www.computicket.com. Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte ‘n lekker afslag – skakel Lefra Produksies by 011 815 3000 of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com. Ons stel ook vertonings by die bogenoemde venues beskikbaar aan organisasies wat dit wil gebruik as fondsinsamelingsprojek. Belangstellendes kan Charl Senekal kontak by die bogenoemde nommer, of ‘n e-pos stuur aan marketing@lefra.com. Vir meer inligting, besoek www.lefra.com of www.myvrou.co.za

Frans sê dat dit nog altyd vir Lefra Produksies belangrik is om met die produksies te toer. “Alhoewel dit uit ’n logistieke oogpunt ’n nagmerrie is om met so ’n groot rolverdeling en stel te toer, gaan ons beslis die pad die land vol vat en dit moontlik maak vir die hele land om die produksie te sien. Mense wil nie meer wroeg nie – daarvoor sorg ons politiek beslis baie goed – ons mense wil lag. En dis juis wat My Vrou se Man se Lyk se Tas gaan bring.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button