Adjudant Offisier Pieter Droskie en Konstabel Suzette Barnard van die Dunnottar polisie het verlede Woendag aan Luhan Groenewald ‘n kontant bedrag van R7 000 oorhandig.
“Die bydrae is maar ‘n druppel in die emmer, maar dit gaan alles ten bate van Luhan se daaglikse behoeftes,” sê Konst Barnard.
Luhan is 27 April 2012 omgery deur ‘n motoris terwyl hy oppad huis toe was op sy fiets. Hy het ernstige breinskade opgedoen en sy skedel het gekraak, waarna hy drie brein operasies ondergaan het.
Tydens die jaarlikse SAPD Gemeenskapskarnivaal was Alan Chapman en sy sterkmanne daar om hul krag en uithouvermoë te toon.
Volgens Konst Barnard het die manne die publiek betrokke gemaak deur hulle te vra hul krag op die proef te stel en om indien moontlik, ‘n bydrae te maak vir Luhan.
“Die mense kon enige bedrag gee en dit in die kollekte bottel gooi, sê Konst Barnard.
‘n Motorfietsklub het ook ‘n bydrae gemaak.
“Die dag het goed afgeloop en almal het ‘n bydrae gemaak om die bedrag moontlik te maak. Ons hoop Luhan se operasie is ‘n groot sukses,” sê Konst Barnard.
“Dit gaan baie beter met Luhan en ons is dankbaar vir almal bydrae. Die geld gaan handig te pas kom, aangesien Luhan 24/7 versorging nodig het,” sê Adéle Luhan se ma.



