Local newsNews

Pa en seun skenk baie bloed

Hulle voel goed nadat hulle dit gedoen het

Dawid Jordan (61) en sy seun Quintes (32) skenk saam-saam bloed by Springs Bloeddiens in die Avenues Winkelsentrum.

Quintes, ‘n ketelmaker van beroep het Saterdag sy 100ste eenheid hier geskenk.

Suster Juliana Visser van Springs Bloeddiens sê Quintes is baie jonk om al 100 eenhede te kon skenk. Hy was soos sy pa 16 jaar oud toe hy begin het en het nie baie kere skenking gemis nie.

Dawid , ‘n vragmotor bestuurder, sê hy het jare gelede al sy papiere verloor en moes daarna weer van vooraf begin bloedskenk. Hy staan tans op 125 gekenkte eenhede, maar kon al oor die 200 kere gegee het.

Hy vertel sy pa, Sybrandt het ook bloed geskenk. Beide Dawid en Quintes sê hulle voel goed en ook verlig as hulle bloed geskenk het, want hulle het iets vir die gemeenskap gedoen. Hulle hou aan om dit te doen want hulle help met hulle bloed om lewens te red, wat klein baba’s insluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button