Laer- en hoërskoolkore kan inskryf vir dié skoolkoorkompetisie wat vanjaar vir die 37ste keer aangebied word.
Die afdelings vir die laerskool inskrywings is vir meer en minder ervare senior kore, asook junior kore.
Nie-Afrikaansmoedertaalsprekende skole kan inskryf in die afdeling vir senior- en of juniorkore.
Die hoërskole afdeling bestaan uit Afrikaans en nie-Afrikaanse minder ervare kore, asook ‘n meer ervare afdeling.
Beide afdelings sluit kategorieë in vir seuns, meisies en gemengde kore.
ATKV kommunikasiebestuurder Mercia Eksteen, sê skole en koorleiers het tot 14 Maart om hul skoolkore in te skryf vir ATKV-Applous.
Vir meer inligting, kontak Bessie Keun by 082 454 6060 of Johan Esterhuizen by johane@atkv.org.za of besoek www.atkvprojekte.co.za.



