Local newsNews

Butler Park kry lewe

Butler Park in Geduld het Saterdag lewe gekry toe Sanet Joubert en haar vriende vir ‘n groot klomp mense kos gegee het.

Haar passie om te gee het 15 jaar gelede ‘n realiteit geword om en sedertdien probeer sy haar bes om dit so te hou.

“Daarom is ek geweldig dankbaar teenoor al die mense wat ook omgee deur donasies te gee,” sê Sanet.

Die oorspronklike reëling was om net op Paasnaweke en voor Kersfees vir die honger kinders en families van Geduld van kos te voorsien, maar die behoefte het groter geword.

As gevolg daarvan het hulle besluit om die kosgee tye te verander na elke derde maand.

“Die behoefte tussen die mense het meer as verdubbel die afgelope tyd en dit is belangrik dat almal hande vat en omsien na ‘n gemeenskap waar daar baie behoeftige mense woon,” sê sy.

Haar dankbaarheid is so groot, dat sy bewoë raak wanneer sy daaroor praat en sê daar is te veel mense om te noem, maar elkeen weet wie hulle is.

Sanet se broer Dawid Horn het al vroegdag die groot hoender en groente pot begin.

Terwyl almal gewag het vir opskeptyd, het die grootmense ontspan deur na musiek geluister en die kinders het heerlik baljaar op die swaaie in die park.

Vroeër die dag is daar aartappel skyfies, koeldrank en roomys uitgedeel aan die kinders.

Net voor 1nm, was die pot gaar en Sanet en haar helpers begin om vir die mans, vrouens en kinders op te skep.

Almal wat die dag moontlik gemaak het daag alle besighede uit om by te dra tot so ‘n projek, sodat die behoeftiges meermale gevoed kan word en nie net elke derde maand nie.

Sanet sê ‘n bord kos maak ‘n groot verskil in die lewe van mense, veral in kinders sin en sy wens sy kon meer doen om hierdie mense te help.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button