Local news

Selcourt smaakmaker maak golwe in die ‘boekstagram’ veld

Die Selcourt inwoner plaas elke tweede dag boekresensies, maar werk ook aan haar Nasionale Seniorsertifikaat en haar eie roman.

Jo-Ann Diamond (37), bekend as Jodi, ’n inwoner van Selcourt, se sosiale media-teenwoordigheid groei teen ’n vinnige tempo, met ’n onderwerp wat haar baie na aan die hart lê.

Jodi bestuur ’n Instagram-rekening waarop sy elke tweede dag boekresensies plaas, asook ’n Facebook-blad. Sy het reeds meer as 3 700 volgelinge op Instagram en 1 600 op Facebook.

“Ek hou daarvan om positiewe resensies oor boeke te skryf, selfs al het ek nie van die boek gehou nie, want iewers daar buite is daar iemand wat wel daarvan sal hou. Ek gee egter oor die algemeen my eerlike mening oor aspekte waarvan ek nie hou nie,” sê sy.

Die ‘boekstagrammer’ het reeds in Junie 2021 begin om haar liefde vir lees en boeke met Suid-Afrikaners te deel. Deur die jare het sy al talle boeke van vooraanstaande Suid-Afrikaanse skrywers ontvang om te resenseer.


OOK LEES: Springs SPCA bids farewell to inspector


Haar verbintenis met boeke strek egter verder. Sy is ook ’n illustreerder van beroep en bedryf haar eie onderneming, waar sy onder meer karakters vir grafiese romans vir kliënte illustreer en ontwerp.

Sy plaas ook gereeld van haar ontwerpe en illustrasies op haar sosiale media-profiele. Sy het hierdie vaardighede self aangeleer en later ook ’n paar kursusse gevolg om haar kennis verder uit te brei.

Jodi werk tans aan haar volwasse Nasionale Seniorsertifikaat (NSS) en haar eie roman, waaraan sy reeds meer as 50 000 woorde geskryf het. Sy vaar goed met haar NSS en het onlangs 78% behaal vir een van haar take in Engels Eerste Addisionele Taal.

Jodi is ook baie lief vir leer en wil graag, nadat sy haar NSS voltooi het, verder in letterkunde en geskiedenis studeer, indien omstandighede dit toelaat.

Een van haar groot drome is om haar eie boek gepubliseer te kry, en sy is bereid om hard te werk om dié doelwit te bereik. Haar ‘boekstagram’-rekening is @rustic_pages_and_literature vir dié wat meer oor haar reis wil lees.


OOK LEES: R80 000 donation boosts East Rand Palliative Care

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button