Die eerstespan het besonder goed gevaar en het in die Valke-finaal gelykop gespeel teen Hoêrskool Transvalia, maar het uigeval in die wedstryd teen Hoërskool Standerton.
Die o/15 rugbyspan was naaswenners van die Valke-finaal en het ‘n verbete geveg in die kwalifiserendewedstryd vir die Beeldtrofee teen Hoërskool Secunda met ‘n telling van 12-8 gewen.
Maar hulle het 14-19 teen Hoërskool Frikkie Swart in die kwartfinaal verloor.
Die o/14 rugbyspan het in die Valke-finaal teen Transvalia verloor, maar as naaswenners in die kwalifiserendewedstryd terug geveg teen Hoërskool Standerton deur hulle 27-21 te klop.
Die afrigters van hierdie spanne is trots op hul spanne se prestasies tydens die rugby seisoen.



