Wedvlug duiwe nie onwettig
Marius Klingbiel, beskermheer van die Oosrand Duiwe Federasie, sê resiesduif wedvlugte is nie onwettig nie.
“Ons duiwe word geteel vir wedvlugte net soos perde vir perde wedrenne geteel word,” sê Klingbiel.
Hy sê ook dat die Dierebeskermingsvereniging (DBV) die wet van resiesduif wedvlugte verkeerd interpreteer.
“Dit is gepubliseer in die wet dat die invoer van wilde kransduiwe verhoed word sodat hulle nie met ons bosduiwe teel nie,” sê hy.
Volgens hom is die teel van resiesduiwe al 300 tot 400 jaar gelede deur Europiërs begin.
Resiesduif wedvlugte is nie langer as 800km nie.
“Ons betaal honderde duisende Rande vir goeie duiwe wat ‘n goeie bloedlyn het sodat hulle sterk genoeg is om so ver te vlieg.”
Hy sê valke kies duiwe en ander voëls as prooi, maar sukkel om dié duiwe te vang.
Die moontlikheid bestaan tog dat uile die duiwe in die nag kan vang.
Duiwe wedvlug is ‘n groot sport in Suid-Afrika en daar is groot geld in die sport.
Die duiwe keer terug na hul hokke nadat hulle afgelaai word by die vertrek punt van die wedvlug en hy sê dit gebeur selde dat ‘n wedvlug duif nie terugkeer na ‘n lang vlug nie.
Die gevoel van trots kan nie beskryf word wanneer jy ‘n wen duif inklok nie.
Klingbiel sê die gevoel van ‘n wen duif wat inklok is absoluut fantasties.
“Die feit dat hy gewen het is net ‘n bonus,” sê hy, “maar om te weet dat jy die persoon is wat daardie duif opgelei het en dat hy terug huis toe kom met so goeie tyd is die kersie op die koek.”
Hy beweer dat die duurste duif wat in Suid-Afrika verkoop was, R800 000 was.



