Local newsNews

Clinton gaan skool toe

Om in die skool en tussen maatjies te wees is die beste geskenk ooit vir Clinton Botha.

Hierdie agt-jarige seun het onlangs ‘n dagsorgsentrum begin bywoon en is op sy gelukkigste is tussen maatjies.

Joan Botha, Clinton se ma, werk ook by die sentrum en dit is soos ‘n dubbele bonus vir hom.

Hy is baie tevrede met hierdie eer wat hom te beurt geval het.

Met sy geboorte is hy met Dextrocardia gediagnoser, wat beteken dat sy hart ge”flip” het en aan die regterkant van sy bors ontwikkel het.

Nadat hy verskeie toetse ondergaan het, is vasgestel sy hart het verskuif na die regterkant van sy liggaam in plaas van die linkerkant en dat sy organe die korrek geposisioneer is gedurende swangerskap nie.

Joan sê dit beteken dat die slagaar tussen sy hart en long vernou is wat veroorsaak dat sy hart twee keer so vinnig klop om die korrekte hoeveelheid suurtsof te kry.

Dit het veroorsaak dat hy nie hardloop en speel soos ‘n normale kind van sy ouderdom nie.

Hy het onlangs vir ‘n angiogram gegaan waar die dokter daar na ‘n vorige hospital verslag gekyk het en volgens Joan, net sy kop geskud het.

Alhoewel hy nogsteeds ‘n Dextrocardia geval is het die toetse gewys dat hy net drie hartkamers het en slegs een vertikale slagaar in plaas van twee soos by ‘n normale person aangetref sal word.

“Die ergste is dat dit veroorsaak dat sy bloed en suurstof meng, wat sy blou keur tot gevolg gehad het,” sê sy.

Intussen het hy vir ‘n CT angiogram gegaan om gedetaileerde beelde van die bloedvate in die liggaam te skep.

Dit behels die spuit van kontras kleurstof in ‘n groot bloedvat, om te bepaal hoe die bloedvloei deur die bloedvate is, sodat die dokters presies kan sien waar daar die aar ‘n blokkasie het.

Joan sê die dokter het haar gewaarsku dit sal vir Clinton siek maak, maar sy het nie besef hoe siek haar kind sou word nie.

Hy het ‘n veluitslag ontwikkel soortgelyk aan masels sowel
as ‘n hoë koors, maar by verdere ondersoek het sy vasgestel die spesifieke angiongram ‘n x-straal toets is, wat ‘n ligte radiasie deur sy liggaam stuur en moontlik die rede vir Clinton se olikheid is.

Alhoewel hulle nog wag vir die uitslae van dié angiogram, het hulle intussen verneem dat hy binnekort vir ‘n dubbele hartomleiningsoperasie sak moet gaan.

Clinton sê hy is nie bang vir die operasie nie, maar hy hou glad nie van die naalde nie want dit maak hom seer.

Joan vertel dit sal ‘n agt tot 10-ure operasie wees, maar wanneer dit gaan plaasvind weet sy nog nie.

Vir eers is sy ma tevrede om te sien dat sy velkleur nie meer blou is soos voorheen nie en intussen maak sy staat op haar geloof om rustigheid te bekom vir die operasie wat volg.

Hierdie brawe knaap is baie opgewonde en kan nie wag om na die groot opersaie saam met sy maatjies te kan rondhardloop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button