Local newsNews

Spesiale piekniek in die park

Barry en Mariza Gouws het verlede Donderdag hul vierde huweliksherdenking in die George Sutter Park gevier.

Die paartjie het piekniek gehou deur slaai te eet, lemonade te drink met aarbeie as nagereg.

Mariza sê albei van hulle het planne gehad om die ander een te verras vir die dag.

Barry het vir haar ‘n bos blomme laat aflewer by die werk.

“Die blomme is pragtig,” sê sy.

Maar hy was baie verras toe Mariza teen etenstyd die middag by sy werk opdaag.

Volgens hom het sy net gesê kom ons gaan op ete.

Hy was aangenaam verras toe hulle by die park stop en sy die kos uit die kattebak haal.

Vir die twee was die piekniek perfek, veral toe Mariza die aarbeie uithaal en vir manlief begin voer.

Barry werk in Springs maar die paartjie woon in Boksburg.

Die twee het lemonade gedrink op die volgende klompie jare saam.

Mariza Gouws sit op haar man Barry se skoot.
Mariza Gouws sit op haar man Barry se skoot.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button