Reuse sonneblom plant spog met 101 blomme
Awendgloed se sonneblom reus pronk met pragtige blomme.
Die Addie het voorheen ‘n artikel gepubliseer oor Awendgloed se reuse sonneblom plant (Sonneblom groei hoog, 27 November).
Trudie Scheepers (70) en haar man Roelf (79) het met trots laat weet dat die reus van ‘n plant nou blomme dra.
Die plant was 3.5m lank in November, op die oomblik staan hy 4.1 meter lank en pronk met 101 sonneblomme.
Die plant dra al so baie blomme dat die takke begin hang en afbreek.
“Hy suig vreeslik baie water,” sê Roelf, “hy vat omtrent 20 liter water ‘n dag.”
Die plant het ongeveer vyf maande gelede begin groei sonder dat hy geplant was verduidelik Trudie.
“Al die inwoners van Awendgloed het kom help om die plant te meet en blomme te tel,” sê Trudie.
Trudie en Roelf is vreeslik trots op hulle massiewe plant en gaan anhou om hom goed te versorg.







