Local newsNews

Kry hulp deur hierdie program

Die antwoorde op baie mense se vrae kan deur hiérdie program verskaf word.

Reach (Real people, Enthusiastic, Action, Christ-centred, Hope) is ‘n ondersteuningsprogram vir mense wie met enige emosionele stryd sukkel.

Die program word al vir die afgelope 10 jaar by ‘n kerk in Boksburg aangebied.

Karien Keeve, ‘n maatskaplikewerker wat deel is van Reach, vertel dat dit nie net vir mense met emotionele kwessies bedoel is nie, maar ook vir mense met dwelm probleme.

“Dit was aanvanklik net gerig op persone wat aan verslawing gelei het, maar het baie uitgebrei,” vertel Karien.

Ondersteuning word aangebied vir persone wat vasgevang is in dwelm en alkohol verslawing, dobbel, pornografie, verwerping, egskeiding, aggressie, enige vorm van mishandeling, depressie of selfs net moedeloos is.

Reach is ‘n gratis program; al waarvoor mense betaal is as hulle ‘n dwelm toets wil ondergaan, wat slegs R50 kos.

Die program word een keer per week in ‘n kerk gehou, waar vrywilligers, soos Karien en ander hul tyd afstaan om mense te help.

Alhoewel hierdie program in Boksburg is, woon talle Springs mense dit by en Karien vertel dat dit een van hulle grootste doelwitte is om so ‘n program ook in Springs te begin.

“Springs mense is egter welkom om hierdie program by te woon totdat ons ‘n vrywillige kerk, pastoor, maatskaplike werker en ander fasiliteerders van Springs kan betrek, sodat ons daar ook kan vestig,” sê sy.

Reach lewer ook ‘n professionele diens aan maatskappye en werkgewers, om hul werknemers, wat hulself aan dwelm- en alkoholmisbruik skuldig maak, te laat inskakel by die program.

“Konfidensialiteit van elke persoon wat bywoon is ons hoogste prioriteit,” sê Karien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button