Local newsNews

Hoe om jou 67 minute meer betekenisvol te maak

Wil jy graag meer as net 67 minute se verskil maak by welsynorganisasies? Hier is moontlikhede wat jy kan oorweeg. Om 67 minute aan enige welsynsorganisasie te gee is raadsaam maar verminder nie noodwendig die organisasie se behoeftes nie. Sanet van Moerkerken, projek bestuurder by die Springs en KwaThema Kindersorg Vereeniging, glo dat fondse die …

Wil jy graag meer as net 67 minute se verskil maak by welsynorganisasies? Hier is moontlikhede wat jy kan oorweeg.

Om 67 minute aan enige welsynsorganisasie te gee is raadsaam maar verminder nie noodwendig die organisasie se behoeftes nie.

Sanet van Moerkerken, projek bestuurder by die Springs en KwaThema Kindersorg Vereeniging, glo dat fondse die grootste behoefte by die meeste welsynorganisasies is. Sanet stel voor dat die gemeenskap ’n bydrae van R67 maak.

Om die Kindersorg Vereeniging se daaglikse uitgawes te dek het, benodig hul bykans R15 000 per maand. Uitgawes wat gedek moet word sluit skryfbehoeftes, brandstof vir die voertuie, telefoon – en elektrisiteits rekeninge in.

Magda Reed, sekretaresse van die Chance Kinderhuis in Dunnottar, glo weer dat kinders aandag en liefde nodig het.

Magda voel dat die gemeenskap hul tyd kan opdeel in 67 minute dwarsdeur die jaar en sodoende deel word van ’n kind se lewe. “Omdat dit weeskinders is, het hulle niemand om vir hulle stories te lees of met hulle te speel nie,” sê sy.

Marlene Minnie, die stigter van Potters Haven, glo dat die 67 minute ’n wonderlike jaarlikse instelling is, maar dat dit elke dag moet gebeur. Haar idee is om ’n “buddy” sisteem oftewel ’n vennootskap te begin waar ’n groep vriendinne ’n organisasie ondersteun.

“Dink klein, maar droom groot,” vertel Marlene, want elke druppel in die emmer maak die emmer vol in ’n organisasie se bestaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button