Local newsNews

Rusoord inwoners word bederf

Die inwoners van Rusoord is Vrydagmiddag bederf deur ’n groep naskoolsorg leerlinge.

Elke inwoner het ’n pakkie, wat sap, lekkers en ’n pakkie skyfies bevat het, en ’n kolwyntjie ontvang.

Paul Krugersoord inwoner, Sanette Joubert, sê sy en die leerlinge het besluit om die projek aan te pak en elke kind het ’n bydrae gemaak.

Die meisies het die kolwyntjies gebak terwyl die res gehelp het om die pakkies op te maak.

“Dit is belangrik dat ons die senior burgers moet laat voel dat hulle nie vergeet word nie,” sê Sanette.

Sarel Oelofse (79) en sy vrou Betsie Oelofse (72) sê hulle is lanklaas só bederf en waardeer die gebaar.

Megan van Niekerk (55) en haar man John van Niekerk (61) voel die bederfie is onverwags, maar baie gaaf van Sanette en die leerlinge.

Vir Aletta Benade (72) was dit ’n groot verrassing om te sien hoeveel die leerlinge omgee vir senior burgers.

Sanette is al lank betrokke by Rusoord waar sy gereeld die inwoners bederf met allerlei lekkernye.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button