Local newsNews

Dawid rus na kort siekbed

Struisbult besigheidsman, Dawid de Villiers (58), is Donderdag in Nigel begrawe nadat hy op 18 Oktober na ’n kort siekbed en kanker diagnose gesterf het.

Hy het skool gegaan by Laerskool PAM Brink en by die destydse Hoër Seunskool Hugenote, nou Hoërskool Hugenote, gematrikuleer.

Volgens sy vrou, Juliana de Villiers (60), was hy ‘n besondere man wat baie omgegee het vir sy naaste.

“Hy het vir sy werkers motors gekoop en ook gesorg dat hul gesinne genoeg kos het om te eet,” sê sy.

Na skool het hy vir sewe jaar by die Suid-Afrikaanse Polisie Diens (SAPD) aangesluit voor hy die privaat sektor betree het en in 1999 Suzie Deere Engineering op die been gebring het.

Juliana vertel dat hy ‘n aktiewe mens was wat nooit stil kon sit nie en ook baie geliefd in die gemeenskap was.

Hy laat sy vrou Juliana, sy kinders Marelize Viljoen (38), Louis de Villiers (36), Ralf Ferber (34) en vyf kleinkinders agter.

Dawid se pa Louis de Villiers (80) en ma Marie de Villiers (84) sê dit is vir hulle moeilik om hul seun te begrawe.

Na Dawid se afsterwe, het Juliana op nog drie dose kruideniersware af gekom wat hulle aan arm gesinne uitgedeel het.

“Dawid wou dit seker nog aan iemand gaan skenk het, maar het nooit daarby uitgekom nie,” sê sy.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button