ATKV Jonge Bomme bedien skoliere met sop en brood
Die ATKV tak Jonge Bomme het onlangs 360 liter sop en 500 broodrolle uitgedeel by Hoërskool Hugenote.
Elke leerling by die skool het ook ‘n klein sjokolade ontvang met die woorde “Chomp – Christus help ons met probleme”.
Petrus van Schalkwyk en Juan Lubbe, twee besigheidsmanne van Dersley, het die sop en broodrolle geskenk terwyl die sjokolade deur die taklede geborg is.
Dié jeugtak is in 2015 by Hoërskool Hugenote gestig en het sedertdien van krag tot krag gegaan en spog met ‘n ledetal van 74.
Werner van Schaklwyk, voorsitter van die tak, vertel hulle het al talle suksesvolle projekte van stapel gestuur.
Hy sê hulle grootste projek dié jaar is egter hul deelname aan die ATKV se Handevat-projek.
“Die projek fokus jaarliks daarop om nasiebou te bevorder.
“Dit word bewerkstellig deur ‘n gegoede skool wat ‘n skool uit ‘n minderbevoorregte gemeenskap help en ophef,” sê Werner.
Hulle het onlangs met ‘n groentetuin by Kids Haven, in Benoni, begin.
Werner sê hulle sal die groentetuin deurgaans monitor alhoewel dit deur die kinders by die tehuis onderhou en versorg word.
Die doel met dié inisiatief is dat daardie kinders leer om volhoubaar te lewe, terwyl hulle deur die loop van die jaar ‘n voldoende voorraad groente en vrugte het.
Die tehuis het ‘n nypende tekort aan befondsing, en terwyl hulle ook ‘n behoefte aan klere, toiletbenodigdhede ens. het, is gesonde kos ‘n prioriteit.
Hy sê die skool-vennootskap wat die beste vaar, ontvang elk ‘n geldprys.
Hierdie fondse sal ‘n groot finansiële hupstoot vir die hulpbehoewende skool beteken.
Tydens die onlangse ATKV se algemene jaarvergadering, is die Jonge Bomme jeug vereer met ‘n toekenning vir ‘n projek van hoë gehalte met die fokus op nasiebou.
“Voorwaar ‘n groot prestasie,” sê Werner.
Aangesien dit ‘n projek wat deurlopend deur die jaar gemonitor sal word, word die wenner eers aan die einde van die jaar aangewys.
Die Jonge Bomme gaan op 26 Julie ‘n Oscar-aand hou sowel as ‘n Krygerswedloop op 23 September, ter viering van Erfenisdag.
Meer inligting sal later hieroor verskaf word.
“Die tak is nie eksklusief vir Hugenote-leerders nie, al is die tak by die skool gestig en gesetel, enige hoërskoolleerder is welkom om by die tak aan te sluit,” sê die voorsitter.
Vir navrae, kontak Werner by Hoërskool Hugenote by 011 811 1390.
Connect with us:
Do you have an interesting newsworthy story? Contact the newsroom on 011 812 4800 or send an email to Samantha Keogh (editor) samk@caxton.co.za, Izahn Krige (digital journalist) izahnv@caxton.co.za or Anna Robertson (journalist) annar@caxton.co.za
For the latest breaking news in your community, follow us on Twitter @SpringsNews and like our Facebook page.
For news straight to your phone and daily weather updates, invite Springs Advertiser on WhatsApp by sending a message with your name and surname to 079 408 9334.
To see what we get up to in the newsroom and in town, follow us on Instagram at springs_addie



