Local newsNews

Hoed en das is gepas

’n Spesiale bederf is vir Jesus is Lig seniors gereël .

’n Groep van 26 senior burgers is Dinsdag heerlik bederf.

Dié groep kon met hul kreatiewe denke hoede versier of self maak en die mans het hul eie dasse geskep.

‘n Gesellige atmosfeer het geheers en het dit het met die snaakse self “ontwerpte” hoede en dasse, gevolg deur ’n worsbroodjie en poeding, gepaardgegaan.

Die organiseerder, San van Wyk sê die seniors het die geselligheid, asook die heerlike saamkuier wat deel van hul maandelikse byeenkoms vorm, terdeë geniet.

San sê die seniors het ook die geselskap van Pastoor Ben en sy vrou Francis Loubser geniet.

Die seniors word sedert Junie-maand met só ’n lekker saamkuier bederf.

Sy voel die seniors is ’n groot deel van die gemeenskap en dit is nodig om vir hulle te wys hoe spesiaal hulle werklik is, nie net vir die kerk nie, maar ook vir die samelewing.

“Ek is dankbaar vir die geleentheid om hierdie spesiale mense te kan bederf en daarom wil ek niemand uitsonder nie, maar ek bedank graag alle donateurs en harde werkers wat hierdie dag vir ons moontlik gemaak het,” sê sy.

Lynette Pieters (66) sê sy is maar ’n kort rukkie deel van die seniorgroep, maar kan met lof getuig dat almal haar laat tuis voel het.

Volgens haar het almal, insluitende die pastoorpaar en San haar onvoorwaardelik aanvaar.

“Ek geniet elke oomblik saam met hulle en al die bederf is wonderlik,” sê Lynette.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button