Local newsNews

Springs egpaar vier hul 50ste huweliksherdenking

Endicott inwoners De Villiers en Nerine Oberholster het Vrydag hul 50ste huweliksherdinking gevier en dit was voorwaar ’n fees vir familie en vriende wat die dag saam met hulle geniet het.

Die gesin beskryf hul ouers as uitstekende voorbeelde van hardwerkende, pligsgetroue mense wat hulle ook geleer het om klem op dankbaarheid en nederigheid te plaas.

Die Oberholsters was albei leerders van Laerskool Christiaan Beyers en het onderskeidelik aan Hoërskool Hugenote en Hoërskool Johan Jurgens matrikuleer.

Hulle was die eerste paartjie wat in die ou AGS Kerk Strubenvale, deur Past Phillip Gerber, in die huwelik getree het.

Lees ook: Bess en Hennie vier 65 huweliksjare

As jong egpaar het hulle ’n leë stuk grond te Endicott gekoop en vol entoesiasme en ywer daar gewerk.

Die dubbelverdiepinghuis wat hulle gebou het, het ook as huisvesting vir baie haweloses gedien en staan reeds 49 jaar op die landbouhoewe.

Geloof is en was egter nog altyd die rots waarop hul fondasie gebou is en hulle het later besluit om vir Past Reinhard Bonnke van Christ for all Nations te werk.

De Villiers het uiteindelik die roeping van die Here in sy lewe ervaar en as evangeliste het die Oberholster egpaar die onafhanlike gemeente in Stubenvale, Herlewingsentrum gedien en daarna met ’n tent in Mpumalanga rondbeweeg en so die goeie nuus van die Evangelie verkondig.

Vandag is hulle nog voltyds in die bediening te Eendracht, Leslie.

Nerine se kinders vertel sy was nog altyd ’n bobaas kok en haar anysbeskuit, koeksisters en melktert is uit die boonste rakke.

Oor hulle pa vertel hulle dat De Villiers nog altyd lief daarvoor was om met sy hande te werk en het nooit ’n stukkie staal weggegooi nie.

Hy het al, onder meer, ’n meule en veldgrassnyers ontwerp en gebou.

Vir hulle kinders Eunice Louw, Hanelie Storbeck, Gideon en Eben is die belangrikste les wat hul ouers hul geleer het, om te bid.

Hulle het die egpaar alle sterkte en voorspoed vir die toekoms toegewens en gesê: “Mag goedheid en guns julle volg, al die dae van julle lewe.”

Follow us on our social media platforms:

Twitter
Instagram
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button